Afrikaanse Rock band, Kontras , se debuut album, Vir Konteks , is uiteindelik beskikbaar op alle digitale platforms op die 11de September 2020 . Die Stellenbosch band het al verskeie enkelsnitte hierdie jaar uitgereik, naamlik Die Happy Song, Mors Jou Drank, Die Ruimtevaarder (wat tans No 13 op die Kraakvars Reputasie Top 40 is) en Velde. Elke snit was meer verskillend as die vorige een. “Veld” en Die Ruimtevaarder het elk geweldige ondersteuning ontvang op Apple Music se editorial speellys (Alternatief Afrikaans), Die Happy Song het landswye publisiteit ontvang as gevolg van sy onderwerpe oor vrouwees, en Mors Jou Drank het vir meer as 10 weke op KovsieFM se Clip Hard Rock Chart verskyn het.

Kontras. Louwrens Labuschagne, Andrew Veldman, Daniël Botha, Jacques Groenewald
Kontras. Van links; Louwrens Labuschagne, Andrew Veldman, Daniël Botha, & Jacques Groenewald. Foto: Verskaf

Wat Kontras se Vir Konteks ‘n stappie bo ander albums plaas, is dat daar iets vir almal is. Kontras het ‘n punt gemaak om vir almal konteks te gee oor wie hulle is en waar hulle vandaan kom; break-up songs, love songs, party songs, kwaadraak songs en politieke songs. Dit bou ‘n brug tussen alternatiewe en kontemporêre Afrikaanse musiek deur om gebruik te maak van elemente van elke genre. Vir Konteks knoop in met die huidige globale en politiese omstandighede van die afgelope tien jaar, maar is ook nie bang om die mens as individu onder die mikroskoop te plaas nie.

Snitte soos Chemikalieë, Parafien Paradys, en Die Mislukte Rewolusie is nie bang om die status quo van Afrikaanse kultuur te bevraagteken nie, terwyl tong-in-die-kies songs soos Peruvian Flu en Mors Jou Drank ons herinner om jouself nie altyd te ernstig op te neem nie. Velde, Die Ruimtevaarder en Die Happy Song herinner ons weer dat selfs al lyk die lewe soms moeilik, daar is altyd hoop, gewoonlik gevind deur liefde van jou naastes. Gee Meer & Sprokies Katastrofies handel weer oor die worsteling binne ons eie psige en vat onderwerpe soos angs, selfverwyt en geestesgesondheid direk aan. Sout In My Are is ‘n huldeblyk aan mense wat enige iets sal doen om brood op die tafel te sit, terwyl Jou Eie Kruisiging, Bybelse metafore gebruik om die einde van ‘n verhouding te visualiseer.

Vir Konteks, Kontras
Vir Konteks, Foto: Verskaf

Jacques Groenewald praat oor die betekenis van Kontras se debuut album, Vir Konteks:

“Ons as mense mis soveel keer die ware konteks agter wat vir ons gesê word deur ander. Selde krap ons dieper as die oppervlak. Vir Konteks is ‘n dieper krap vir ‘n groter jeuk, wat ons voel ons nie kan bereik nie”

Gunsteling Snitte Op Vir Konteks:

  • Chemikalieë
  • Velde
  • Peruvian Flu
  • Sprokies Katastrofies
  • Die Ruimtevaarder

Vir Konteks is tydloos, oor 10/15 jaar sal dit nog steeds relevant wees, met temas wat gaan oor al die mosies en gevoelens wat ons elke dag beleef. Kontras het uitgegaan met die doel om hul debuut album een vir die boeke te maak en dis presies wat hul reggekry het.

Sosiale Media:

Vir Konteks is van vandag beskikbaar op alles digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!