Frikkie van Biljon

Frikkie van Biljon is terug met sy agste enkelsnit, In Die Oomblik, wat ‘n ode is aan die oomblikke wat ‘n mens se lewe verander. In Die Oomblik is ‘n ligste rock/pop snit wat anders is as sy vorige enkelsnitte wat meestal ballades was. Frikkie het gesoek na ‘n tema lied vir sy vertonings en dis waar rondom die skep en skryfproses gedraai het.

“Oomblikke kan goed of sleg wees en aan die einde van die dag is al die oomblikke wat ons ervaar die somtotaal van ons menswees. Jou lewe is ‘n oomblik in die van ‘n ander wat blywend is,” sê die Centurion sanger en rekenaarprogrammeerder oor dié liedjie wat gedurende die inperking gebore is.

Frikkie het met die hulp van sy stemafrigter, Jolanda Becker en die vervaardiger André Hurter die konsep verder uitgebrei. “Ek het ‘n idee gehad hoe dit moes klink, heeltemal anders as van my vorige liedjies.”

Frikkie is ‘n liefdes-liedjieskrywer wie se liedjies nie soos ‘n soetsappige Hallmark-kaartjie klink nie.

“Ek glo dat as ons liefde kan verstaan, veral in sy onvoorwaardelike vorm, sal dit die naaste wees wat ons aan hemel op aarde kan kom. Daar is ‘n ingebore wil in elkeen van ons om dit te kan verstaan – musiek is een van die hulpbronne wat ons kan gebruik om oor die liefde na te slaan.”

Frikkie was amper-amper ‘n kinderster toe Corrie Myburgh sy talent raakgesien het toe hy Std 3 was en het hom ‘n platekontrak aangebied, maar ongelukkig het sy ouers verhuis en die planne het nooit gerealiseer nie. As student het hy aan talle kultuuraktiwiteite by die Potchefstroom Universiteit (PUK) en word selfs gekeur vir die Alabama-studentegeselskap, maar na sy studies het sy lewe in rekenaarkodes en hardeware verstrengel geraak. Hy het eers weer in 2017 sy stem laat leef. “Dit is maklik om jou identiteit te verloor as jy eers begin werk en die probleme van die “grootmens”-wêreld in die gesig staar.”

As mens kyk na Frikkie se vorige enkelsnitte, sy aandagtigheid op lirieke, kwaliteit en heilsame musiek, kan ons net ‘n goeie dinge in die toekoms verwag van hierdie kunstenaar. In Die Oomblik, sal jou los met ‘n goeie gevoel en jou met rustige sal laat terug kyk aan die dinge wat jou die mens gemaak het wat jy vandag is.

In Die Oomblik is van vandag beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!