Die immergroen en talentvolle Dozi het in Mei vanjaar sy eerste enkelsnit, Partykeer Somtyds, van sy 19de album Vrede, vrygestel. Die album het gedurende Junie 2020 landwyd op die rakke verskyn. Partykeer Somtyds is baie goed deur die radiostasies landwyd ontvang en pronk nog op verskeie trefferlyste van baie radiostasie regoor die land. Met die sukses van die eerste snit, word Ek Wil Vir Jou Sê vrygestel as die tweede enkelsnit van dié album.

“Die liedjie is tydens die inperking deur Stef Kruger geskryf. Dit handel oor ‘n persoon wat op toer is of weg van die huis af is en dan terugkeer na sy/haar geliefde. As gevolg van hul afwesigheid is daar baie druk op hul verhouding. Die liedjie is vir my uiters spesiaal, want dit het ontstaan in ‘n tyd waarin ek dieselfde emosies en omstandighede ervaar het” sê Dozi.

Die musiekvideo vir die nuwe snit is geskiet op Dozi se plaas net buite Hartbeespoort. Wian van der Walt was die regisseur en George van Rooyen het gehelp met die konsep van die video.

Ek Wil Vir Jou Sê is iets vars op die radio en is verseker ‘n verandering van klank waarvoor Dozi bekend geword het. Die stadige tempo laat mens aandagtig luister na die woorde wat die betekenis van die snit nog meer na vore bring. Die snit sal goed doen op radio en op die luisteraar se speellys.

Vrede, bestaan uit twaalf oorspronklike snitte, waarvan Dozi drie self geskryf het en beskikbaar is op alle digitale platforms. Die inhoud kan hoofsaaklik beskryf word as ‘n moderne mengsel van betekenisvolle musiek, met ‘n paar opgewekte snitte om die stemming te verlig. “Die rede waarom ek musiek skryf, is om die wêreld ‘n beter plek te maak. Musikante is dissipels van die wêreld, en dit is hul taak om mense se siele gelukkig te maak. As jy ongelukkig is en na die regte musiek luister, voel jy beter”, deel Dozi.

Ek Wil Vir Jou Sê is beskikbaar op Dozi se album, Vrede hier: https://lnk.to/47YsMkvf

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!