Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Sky Ocean maak haar debuut op No 1 met Laat Die Liefde Leef saam met Reynardt Hugo. Rayne se treffer Laat Dit Reën behou sy posisie op No 2.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Op No 3 maak Julanie J haar debuut met Arm wat van haar debuut album Mooi vrygestel is as ‘n enkelsnit. Verlede week was Jan Rhaap se Elmboog Na Bo op No 1 en hierdie week is die No 4. Jan Rhaap het nog ‘n treffer, Kom Loop wat sy debuut maak op No 5.

Herman Kleinhans se Vliegtuig is op No 6, na die liedjie verlede week ‘n nuwe hoogte bereik het na die liedjie verlede week No 3. Legkaart se Wentelbaan geniet nog steeds die herlewing van die kunstenaar as Demi Se Keuse op Die Kontrak. Johan Anker se Soldaat spandeer sy 16de week in die Top 10 op No 8.

Marcel Dalmayda se Bly Bietjie Langer behou sy posisie op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Henri Alant wat sy debuut maak op No 10 met Rose.

Die ander nuwe liedjie op die Kraakvars Top 40 is:

  • You and Me van Marichelle op No 12
  • My Kind van Matthew John Duncan op No 23

Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Rontomtalie van Red Sheep op No 37
  • Grensbewonder van Deon Meiring op No 40

Luister na die trefferlys hier:

Open in Spotify

Sien die trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!