Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Julanie J behou haar posisie op No 1 met Arm. Die liedjie is verantwoordelik vir amper 21% van die kyke hierdie week van al die liedjies wat kompeteer vir ‘n plek in die Kraakvars Top 40.  Nadia Vorster se Vangnet maak ‘n onverwagte terugkeer na die trefferlys en in die proses bereik die liedjie die hoogste posisie nog op No 2 hierdie week.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Abel Knobel se nuutste enkelsnit Meisie Op Die Strand van sy debuut album, Refleksies maak sy debuut op No 3. Pierre Nel se Collide klim al die pad vanaf No 32 verlede week na No 4 die week. Rayne se Laat Dit Reën is op No 5 die week.

Van Wyk Brand maak sy debuut op No 6 met Mal Saam. Rita Li se Iemand Anders is op No 7. Jan Rhaap se Elmboog Na Bo is op No 8. Wikus Botma se We’ll Be Okay klim een posisie opwaarts na No 9. Die Top 10 word voltooi deur Cezanne Yzelle se In Jou Arms Slaap.

Die ander nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40 is:

  • Awe My Ma Se Kind van Pret Kadet (feat. Foksie Konyn) op No 15

Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Rose van Henri Alant op No 39

Sien die volledige trefferlys hier:

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!