Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Vir die derde opeenvolgende week behou Julanie J haar posisie op No 1 met Arm. Die liedjie is verantwoordelik vir amper 41% van die kyke hierdie week van al die liedjies wat kompeteer vir ‘n plek op die Kraakvars Top 40.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Wikus Botma se We’ll Be Okay klim al die pad na No 2 vanaf No 9. Dit is die liedjie se derde week in die Top 10. Iemand Anders van Rita Li bereik ook haar hoogste posisie nog op No 3, die vorige hoogste posisie was op 5 Maart op No 4. Gepraat van No 4. Abel Knobel se Meisie Op Die Strand sag een posisie terug na No 4.

Kalinka Kilian maak haar debuut op No 5 met Falling. Van Wyk Brand behou sy posisie op No 6 met Mal Saam. Renaldo se Hoe Hoog maak weer ‘n verskyning op No 7. Deon Dee maak ook weer sy verskyning op die trefferlys op No 8 met Lewe. Jan Rhaap is Elmboog Na Bo is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Herman Kleinhans se Vliegtuig.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Die ander nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40 is:

  • Vry van Juan Casey & Danie Reënwolf  op No 40

Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Genoeg is Genoeg van Eugene Nel op No 20
  • Ek Wonder van Herman Kleinhans op No 36
  • Bly Jy Hier van Ariose op No 39

Sien die volledige trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!