Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Vir die vierde opeenvolgende week behou Julanie J haar posisie op No 1 met Arm. Die liedjie is verantwoordelik vir amper 35% van die kyke hierdie week van al die liedjies wat kompeteer vir ‘n plek op die Kraakvars Top 40.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Rita Li se Iemand Anders bereik sy hoogste posisie nog op No 2, die liedjie is al ses weke op die trefferlys. Wilha se Ek Sal Jou Weer Kies skiet op na No 3. Dit is die liedjie se tweede nieopeenvolgende week in die Top 10.

Jack & June maak hul debuut op die Kraakvars Top 40 met Steek Ons Liefde Aan Die Brand, wat op No 4 verskyn die week. Herman Kleinhans se Vliegtuig is op No 5. Abel Knobel se Meisie Op Die Strand sak terug na No 6. Pret Kadet en Foksie Konyn se treffer Awe My Ma Se Kind bereik sy hoogste posisie nog op No 7, dis drie weke na die liedjie op die trefferlys verskyn het.

Mnr Suid Afrika, Hannes van der Walt is weer terug in die Top 10 met Ek Staan Stil. Johan Anker se Soldaat is terug in die Top 10 na die liedjie vir 3 weke net buite dit geboer het. Dit is die liedjie se 17de nieopeenvolgende week in die Top 10, en dis ‘n rekord. Jan Rhaap voltooi die Top 10 met Kom Loop.

Die ander nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40 is:

  • Op My Dashboard van Rohan Davis op No 14
  • She’s So High van Hanco op No 33

Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Breek Die Mure Af van Rinel Day op No 20
  • Jy Oortref My van Xander Joubert op No 30
  • Laat Dit Reën van Rayne op No 36
  • Collide van Pierre Nel op No 38
  • Seisone van Chante op No 39

Sien die volledige trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!