Hoe gaan die gesegde? Eerder laat as nooit. Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Rita Li se Iemand Anders klim na No 1, dit is op die voor week van haar debuut album Roekeloos verlief. Iemand Anders het 6 weke op die trefferlys geboer voor die liedjie in sy sewende week na die hoogste rang geklim het. Die liedjie is verantwoordelik vir 23% van die kyke hierdie week van al die liedjies wat kompeteer vir ‘n plek op die Kraakvars Top 40.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Pret Kadet en Foksie Konyn se treffer Awe My Ma Se Kind bereik sy hoogste posisie nog op No 2. Cheralee se nuutste enkelsnit As Môre Kom maak haar debuut op No 3. Wilha se Ek Sal Jou Weer Kies sak een posisie terug na No 4.

Herman Kleinhans se Vliegtuig behou sy posisie op No 5 hierdie week. Eugene Nel se Genoeg is Genoeg ry behoorlik wipplank op die trefferlys en is die week No 6. Vorige weke het die liedjie die, 4; 30; 13; _; 20 ; 35; 6 posisies beklee.

Mnr Suid Afrika, Hannes van der Walt is op No 7 met Ek Staan Stil, dis een posisie op teenoor verlede week. Jan Rhaap se Kom Loop is op No 8. en Johan Anker se Soldaat spandeer sy 18de nieopeenvolgende week in die Top 10 en is op No 9. Julanie J se treffer Arm voltooi die Top 10, na die liedjie vir vier weke op No 1 gepronk het.

Die ander nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40 is:

  • Nineties Kind van Vriende van Gert op No 30.

Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Ek Wonder van Herman Kleinhans  op No 34
  • Onbeplan van JP White op No 39

Sien die volledige trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!