Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Jan Rhaap klim hierdie week na No 1, met die sukses van Elmboog Na Bo se musiekvideo vrystelling. Om by te noem, Elmboog Na Bo het die tweede hoogste barometer punte nog gekry in die geskiedenis van die trefferlys. 

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Laat Dit Reën van Rayne sit op No 2, hierdie liedjie se sterk vertoning domineer die trefferlys vir die afgelope 5 weke al. Op No 3 is Vliegtuig van Herman Kleinhans wat sy hoogste posisie nog bereik.

Genoeg is Genoeg van Eugene Nel maak sy debuut op No 4, na die liedjie se vrystelling verlede week. Wentelbaan van Legkaart behou nog steeds sy momentum op die trefferlys na die liedjie verlede week terug gekeer het op No 10, hierdie week is hy op No 5.

Johan Anker se Soldaat is hierdie week op No 6, dit is sy 15de week op die trefferlys as ook in die Top 10. Nog ‘n Kans van Alida is op No 7, die liedjie spring vanaf No 26 verlede week.

Mr. Suid-Afrika, Hannes van der Walt se Ek Staan Stil is op No 8 na die liedjie verlede week sy debuut gemaak het op No 2. Marcel Dalmayda se Bly Bietjie Langer is op No 9.

Die Top 10 word voltooi deur Iemand Anders van Rita Li wat haar debuut maak op die trefferlys na die liedjie verlede week vrygestel.

Die ander nuwe liedjie op die Kraakvars Top 40 is Onbeplan van JP White.

Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Knipmes Aand van Willem van Der Ryst op No 14
  • Breek Die Mure Af van Rinel Day op No 27
  • Lewe van Deon Dee op No 33
  • Verdienste en Genade van Stefan Jansen op No 34

Luister na die trefferlys hier:

Open in Spotify

Sien die trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!