Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Rayne klim weer na No 1 met Laat Dit Reën na die liedjie verlede week op No 2 was. Dit is ook Laat Dit Reën se derde week op No 1. 

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Hannes van der Walt maak sy debuut op die Top 40 op No 2 met Ek Staan Stil. Vandag van Morne maak is die week op No 3 na die liedjie een van die grootste spronge (29 na 1) na No 1 gehad het verlede week. Vliegtuig van Herman Kleinhans is op No 4 hierdie week.

Jan Rhaap maak sy debuut met Elmboog Na Bo op No 5. Marcel Dalmayda begin ook op No 6 met Bly Bietjie Langer. Soldaat van Johan Anker is die week op No 7.

Thys Bruwer se eerste enkelsnit Eendag As Ons Groot Is begin op No 8 na die liedjie se vrystelling op 5 Februarie. Wentelbaan van Legkaart herverskyn weer op die trefferlys na die kunstenaar as een van Demi se keuses gekies is vir die televisie program Die Kontrak. Die Top 10 word voltooi deur Rowan se Toe Ons Jonk Was wat die liedjie se hoogste posisie nog is.

Die enigste ander liedjie wat nuut op die Kraakvars Top 40 verskyn is Ek Wonder van Herman Kleinhans op No 37.

Luister na die Kraakvars Top 40 hier:

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!