Die nuutste Boksburg rockster, Shelby is reg om die Afrikaanse mark aan te pak met sy nuutste enkelsnit Ek Gaan Jou Mis. Hierdie sal Shelby se eerste Afrikaanse vrystelling
wees en hy is reg om nuwe energie in die mark te bring.

Ek Gaan Jou Mis is oorspronklik deur Etienne Steyn vrygestel in 2012 en vertel die storie van ’n komplekse liefdes verhouding. Dit is metafories geskryf met die doel om te
verduidelik hoe ‘n geliefde sy hart gesteel en gebreek het, al sou die verhouding nooit gewerk het nie. Die lied verduidelik hoe die pad maklik is as hulle weg van mekaar af is,
maar as hulle by mekaar is, nie so maklik is nie. Die liedjie lê klem daarop oor hoe baie hy die meisie gaan mis en dat hy nog elke dag aan haar dink, ten spyte van hulle stand van
sake.

Luisteraars sal aanklank vind met hierdie lied van ’n liefdes perspektief af. Dit raak die hartsnare van mense wat onlangs uit ‘n verhouding uit kom, mense wat nog steeds ’n
vorige liefde mis of selfs vir mense wat nie die voorreg het om gereeld hulle liefdesmaat te sien nie.

Shelby het al van kleintyd af ‘n passie vir musiek, maar het eers baie later in sy lewe vir die eerste keer voor ‘n gehoor opgetree. Gerhard Steyn het vir Shelby onder sy vlerk geneem
as mentor in 2019, en sedert het Shelby vir baie van Suid Afrika se top kunstenaars die verhoog opgewarm, kunstenaars soos, Juan Boucher, Appel, Jan Bohlm, Elandré en vele
meer.

Ek Gaan Jou Mis is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media: Facebook | Instagram

Leave a Reply

error: Content is protected !!