Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40:

Gerduan Kemp is besig om sy plek in die rekord boeke van Reputasie te werf met Sesde Sintuig wat sy vierde week op No 1 spandeer. Hierdie liedjie gebruik beslis sy sesde sintuig om stof die in res van die liedjies op die Top 40 te skop. Verlede week het Sesde Sintuig dubbel die barometer punte gehad as die tweede posisie en hierdie week is dit amper drie keer meer.

Op No 2 het ons Waar Ek Moet Wees van Cezanne Yzelle wat vanaf No 4 op klim. Die liedjie het 6 weke terug sy debuut gemaak op No 2. Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) behou sy No 3 posisie van verlede week.

Alida wat haar debuut verlede week op No 5 gemaak het met Nog ‘n Kans, skuif een posisie op na No 4. Laat Aand Boogie van die Vatvas Dansorkes klim vanaf No 9 na No 5. Ariose bereik hul hoogste posisie nog met By Jy Hier wat een posisie opskuif na No 6 vanaf No 7.

Breek Die Reëls Vir Liefde van Sonet du Plessis is terug in die Top 10 op No 8. Dit is die liedjie te 10de week in die Top 10. November van Afrikaans Wil Dans (feat. Charl Stander) is op No 9 en Ek Het Opgestaan van Rinel Day behou sy posisie op No 10.

Snitte wat hul debuut maak op die Reputasie Kraakvars Top 40: Ek Gee Oor van Charl Vermeulen maak sy debuut op No 19. Paradys van Dotcosa & Rowen (feat. Zella Shy) maak hul debuut op No 23. Weerloos van Mondrey maak sy debuut op No 40.

Open in Spotify

Sien die volledige Reputasie Kraakvars Top 40 hier onder.

Leave a Reply

error: Content is protected !!