Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40:

Gerduan Kemp se Sesde Sintuig spandeer sy 5de week op No 1, dit is ook al die derde opeenvolgende week wat die liedjie op No 1 is. Gaan Gerduan dit reg kry om dit ses weke op No 1 te maak?

Die Reputasie Kraakvars Top 40 is ‘n statistiese maatstaf barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week.

Hoor My Woorde van Henrico Coetzer is terug in die Top 10 op No 2 na die liedjie opspring vanaf No 20. Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) behou sy posisie op No 3. Cezanne Yzelle  se Waar Ek Moet Wees is op No 4.

Bly Jy Hier van Ariose klim na hul hoogste posisie nog op No 5, dit is ook die liedjie se 9de week op die trefferlys. Nog ‘n liedjie wat hul hoogste posisie bereik na hul 13 weke op die trefferlys gespandeer het al, is Lief & Leed van Moses Metro Man wat klim vanaf No 38 na No 6, dit na die liedjie se musiekvideo verlede week vrygestel is.

Liedjies wat hul debuut maak hierdie week is, Grown-Up Christmas List van Kyle Grant wat sy debuut maak op No 17. O Holy Night van Tobi Jooste maak ook sy debuut op No 18. die idee van jou  van Armand Barnard (feat Annelie Du Toit) maak sy debuut op No 23.

Luister na die Reputasie Kraakvars Top 40 hier:

Open in Spotify

Kyk na die Reputasie Kraakvars Top 40 hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!