Twintig-twintig was, soos baie mense gesê het die langste jaar in lewendige geskiedenis, maar nou is ons in Desember en die einde is in sig. So bring Reputasie, 2020 ook tot ‘n einde met die Reputasie Liedjie van Die Jaar trefferlys.

Die Reputasie Liedjie van die Jaar trefferlys is gebaseer op ‘n kumulatiewe maatstaf van die prestasie van al die liedjies wat op die Reputasie Kraakvars Top 40 verskyn het.

Die Reputasie Liedjie van die Jaar trefferlys word op ‘n baie eenvoudige manier bereken, betekende dat ‘n liedjie wat op No 1 is vir een week 40 punte sal ontvang en ‘n liedjie wat op No 30 is 10 punte. Die punte word vir elke week bereken en word dan kumulatief opgetel om te bepaal watter liedjie het die beste presteer tydens die jaar.

Hierdie jaar se periode van observasie is van die begin van die trefferlys op 4 September 2020 tot die tweede week in Desember. Dus in die toekoms sal hierdie trefferlys se observasie periode wees van die derde week van Desember tot die tweede week van Desember.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 het ontwikkel en gegroei in iets wat my wildste drome oortref het. Daar was definitief groei pyne langs die pad, maar die erkenning wat die trefferlys gee aan kunstenaars, glo ek gee hul daardie ekstra ondersteuning en hupstoot om groter dinge te bereik. Een spesifieke kunstenaar het op ‘n stadium vertel dat net voor Reputasie die trefferlys begin het, was sy gemoedere so negatief as gevolg van die jaar se gebeure dat die Reputasie Kraakvars Top 40 hom weer die moed gegee het om voort te sit met sy loopbaan. En om die waarheid te sê, ek hoop Reputasie het dieselfde vir nog baie kunstenaars beteken.

Kyk gerus die video hieronder.

Open in Spotify

Sien die volledige Liedjie van die Jaar 2020 trefferlys hieronder:

Leave a Reply

error: Content is protected !!