Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40:

Johan Anker se Soldaat spandeer sy tweede keer op No 1. Dit is die snit se vierde week op die trefferlys en het in sy tweede week die eerste keer die No 1 posisie bereik.

Sesde Sintuig van Gerduan Kemp is op No 2, die snit beklee dieselfde posisie as verlede week en is die sewende week op die trefferlys. Sweetness van Kyle September skiet op na No 3 op die trefferlys vanaf No 33 verlede week na die snit se musiek video uitgereik is verlede week.

Soveel Meer van Abel Knobel en Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) hou vas aan hul posisies op No 4 en No 5.

Dis Hoe Jy Die Wêreld Verander van Zahn bereik sy hoogste posisie nog, op No 6. Dit na die snit al 13 weke op die trefferlys pronk.

Nuwe snitte op die trefferlys word gelei deur Leandra se Verdwaal In Jou Liefde wat op No 11 sy debuut maak. Seisoene van Chante maak haar debuut op No 37.

Open in Spotify

Sien die volledige Reputasie Kraakvars Top 40 hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!