Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40.

RAYNE maak sy debuut op No 1 met Laat Dit Reën, na die liedjie se musiek video verlede week vrygestel was. Ek Wou Nog van Bottomless Coffee Band wat op No 2 begin op die trefferlys, dit ook na die liedjie se musiek video vrygestel is verlede week.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Gerduan Kemp se Sesde Sintuig klim weer terug na die Top 3 vanaf No 7. Vliegtuig van Herman Kleinhans sak een posisie terug vanaf No 3 na No 4 die week. Nadat Bloumoord se Dis Okay weer teruggekeer het na die trefferlys op No 2, is die liedjie op No 5 die week. Laat Aand Boogie van Vatvas Orkes is op No 6.

Nog ‘n Kans van Alida is hierdie week op No 7, dit na die liedjie twee weke gelede op No 2 gedraai het. Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) is op No 8.

Verlede week se No 1, Johan Anker se Soldaat sak terug na No 9.

Die Top 10 word voltooi deur Sewe Somers van Bottomless Coffee Band. Dit maak hul slegs die tweede kunstenaar met twee liedjies in die Top 10 in een week.

Liedjies wat hul debuut maak die week op die Kraakvars Top 40 sluit in:

  • Boombox van Theo Nel (feat Vincent Gordon) op No 24
  • Speak van Chané op No 31

Daar is ook liedjies wat weer hul toetrede maak tot die trefferlys:

  • Lewe van Deon Dee op No 32
  • Wentelbaan van Legkaart op No 38
  • Hard Hard Kuier van GnT (feat. Shaun Tait) op No 40

Luister na die Kraakvars Top 40 hier:

Open in Spotify

Sien die volledige Kraakvars Top 40 hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!