Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Laat Dit Reën van Rayne spandeer sy tweede week op No 1, na die liedjie verlede week sy debuut op No 1 gemaak het. Ek Wou Nog van Bottomless Coffee Band wat verlede week op No 2 sy debuut gemaak het behou sy posisie die week. Volgende Lewe van Leevona maak haar debuut op die trefferlys op No 3.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Sesde Sintuig van Gerduan Kemp is No 4. Veldbrand van Theo Nel maak sy debuut op No 5, dit is na die liedjie se musiekvideo vrygestel was verlede week. Op No 6 is Vliegtuig van Herman Kleinhans. Soldaat van Johan Anker klim twee posisies vanaf No 9 na No 7 hierdie week. Nog ‘n Kans van Alida sak een posisie af na No 8.

Sewe Somers van Bottomless Coffee Band bereik ‘n nuwe hoogte op die trefferlys na die liedjie No 9 hierdie week bereik. Verloor Jouself op My van Dotcosa (feat Bjarne) voltooi die Top 10.

Net buite die Top 10, maak Deon Meiring ‘n terugkeer na die trefferlys met Grensbewoner op No 11. Dit is na die liedjie se musiekvideo vrygestel was verlede week.

Die enigste ander twee nuwe liedjie wat sy debuut maak op die trefferlys is Vandag van Morne op No 29. Die liedjie se musiekvideo is die dag na die observasie periode verby is vir hierdie trefferlys vrygestel, so ons verwag dat die liedjie volgende week die trefferlys gaan klim. Toe Ons Jonk Was van Rowan begin op No 39.

Luister na die Kraakvars Top 40 hier:

Open in Spotify

Sien die res van Kraakvars Top 40 hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!