Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Morne slaan No 1 met Vandag wat vanaf No 29 na No 1 klim die week. Verlede week se No 1, Laat Dit Reën van Rayne sak een posisie terug na die liedjie twee week boaan die trefferlys gespandeer het. 

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Ek Wou Nog van Bottomless Coffee Band is op No 3 een posisie af teenoor verlede week. Theo Nel se Veldbrand klim een rang hoër na No 4. Die eerste nuwe liedjie op die Trefferlys is Breek Die Mure Af van Rinel Day was op No 5 sy debuut maak.

Op No 6 is Vliegtuig van Herman Kleinhans. Gerduan Kemp se Sesde Sintuig sak terug vanaf No 4 na No 7 hierdie week. Na Leevona haar debuut gemaak het op die Kraakvars Top 40 met Volgende Lewe op No 3, is die liedjie hierdie week op No 8. Soldaat van Johan Anker is op No 9 en Sewe Somers van Bottomless Coffee Band, voltooi die Top 10.

Nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40:

  • Knipmes Aand van Willem van der Ryst op No 16.
  • As Jy Net Vir My Sê van Anton van Rooyen op No 17.

Luister na die Kraakvars Top 40 hier:

Open in Spotify

Kyk na die res van Kraakvars Top 40 hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!