Johan Anker is terug op No 1 met Soldaat na die liedjie verlede week op No 7 was en dis die liedjie se derde week op No 1.

Bloumoord se Dis Okay maak weer sy toetrede tot die trefferlys op No 2 na die liedjie verlede week nie op die trefferlys verskyn het nie. Die hoog terug keer van Dis Okay kan toegeskryf word aan Bloumoord se promosie en teaser van hul debuut album wat belowe om van die beste van die jaar te week.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Vliegtuig van Herman Kleinhans klim een posisie op na No 3. Nog ‘n Kans van Alida sak wel terug vanaf No 2 verlede week na No 4. Waar Ek Moet Wees van Cezanne Yzelle sak ook terug vanaf No 3 na No 5. Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) is op No 6.

Sesde Sintuig van Gerduan Kemp val vanaf No 1 na No 7. Dit eindig die liedjie se sewe weke op No 1, waarvan dit in twee sessies van 2 weke en 5 weke opeenvolgende was.

Op No 8 is Laat aan Boogie van Vatvas Dansorkes, Pierre Nel is op No 9 met Collide en Sewe Somers van Bottomless Coffee Band voltooi die Top 10 op No 10.

Imke se Dans Tot Die Son Opkom maak sy debuut hierdie week op No 14, asook Grensbewoner van Deon Meiring op No 35.

Interessante statistieke van die Kraakvars Top 40:

  • Daar is ‘n totaal van 112 liedjies wat kompeteer vir ‘n posisie in die Top 40.
  • Die totale kyke van die 112 liedjies is 466 106
  • Hierdie week was daar ‘n totaal van 15 301 kyke meer as die vorige week.

Luister na die Kraakvars Top 40 hier:

Open in Spotify

Sien die res van die Kraakvars Top 40 hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!