Terwyl Gerduan Kemp sy 7de week op No 1 spandeer met Sesde Sintuig, is daar nege snitte wat hul debuut maak op die Kraakvars Top 40 trefferlys.

Sesde Sintuig seil al hoe verder in die rekord boeke in, met 7 weke op No 1 het die liedjie amper trippel die hoeveelheid weke op No 1 gespandeer as enige ander snit in die kort geskiedenis van die Kraakvars Top 40.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

Alida bereik haar hoogste posisie nog met Nog ‘n Kans wat die week klim na No 2 vanaf No 3. Waar Ek Moet Wees van Cezanne Yzelle klim ook ‘n rang hoër na No 3 die week.

Die eerste nuweling op die trefferlys is Vliegtuig van Herman Kleinhans was sy debuut op No 4 maak. Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) sak terug vanaf No 2 verlede week na No 5. Laat Aand Boogie van Vatvas Dansorkes klim twee range na No 6 die week. Johan Anker se Soldaat sak terug na No 7. Pierre Nel is terug op sy hoogste posisie op No 8, na die snit verlede week op No 12 was. Dit is ook die liedjie se 18de week op die trefferlys.

Sewe Somers van Bottomless Coffee Band maak hul debuut op No 9. November van Afrikaans Wil Dans (feat. Charl Stander) voltooi die Top 10.

Die ander liedjies wat hul debuut maak op die Kraakvars Top 40 is as volg:

  • Jy Oortref My van Xander Joubert op No 14,
  • Set Out Hearts On You van Stella op No 17,
  • Tring Tring van Vanilla Dutchman op No 25,
  • Skree Vir My van Ichnus op No 28,
  • Rondomtalie van Red Sheep op No 32,
  • Die Onse Vader van Rudi Muller op No 34,
  • Draadkar van Stiaan Reynierse op No 35.

Sien die res van die trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!