Hierdie week op die Kraakvars Top 40.

Op die eerste plek is Braaibroodjies deur Muller Brandt, wat alreeds drie weke op die trefferlys is en bereik hierdie week die No 1 posisie. Braaibroodjies, wat weereens daarop sinspeel dat die pad na ’n Afrikanerman se hart beslis deur sy maag loop.

Op die tweede plek is Mann Friday se Caravan In The Mist wat verlede week op No 1 gepronk het. Op No 3 is Willemiena Van Gezina van Pieter Smith, die liedjie het verlede week sy debuut gemaak op No 2.

Ons Twee Genoeg van Barto Swiegers en Marissa behou hul posisie op No 4. Die liedjie Ons Twee Genoeg is ‘n romantiese treffer wat liefhebbers sal betower.

Wat Maak Hy Daar van Kris Ray is hierdie week op No 5. Op Wat Maak Hy Daar sing Kris Ray van Oom Kallie wat sy kuiers by die kroeg altyd geniet. Die storie is eenvoudig en dis waar almal net kuier by die bar en daar altyd die een uitsondering wat nou Oom Kallie is in die geval.

Op No 6 is Ontlaai van Ilan van Staden, dis die liedjie se sewende week op die trefferlys en sesde week in die Top 10. As Die Plaas Byt van Marissa is op No 7.

Heyto Tarentaal van Min-Gespin is op No 8, dis die liedjie se hoogste posisie nog, na dit al 6 weke op die Kraakvars is.

Op No 9, is die week se eerste nuwe liedjie, Stella van Wouter Van De Venter. Die liedjie is ’n sinspeling op die woorde “stel haar voor” en vertel die verhaal van ’n liefdesoeker wat eensaam op ’n kusdorp woon.

Die Top 10 word voltooi deur Ongerep van Simone Roets & Joshua Na Die Reën wat na die vrystelling van haar debuut album op die trefferlys verskyn.

Nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40 sluit in:

  • Jannie Bloemfontein van Jakkie Louw op No 18
  • SySoen van Wilma van Heerden op No 19
  • Misgeloop van Esme Fox op No 22
  • Tipsie Verby van Hugh Lynn op No 26
  • Noem My ‘n Vriend van Emil Paul & Anya Swart op No 29
  • On Elke Hoek en Draai van Simoné Roets op No 39

Sien die volledige Kraakvars Top 40 hier:

Kraakvars Top 40 - 31 Maart 2023

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Braaibroodjies Muller Brandt 3 1 3
2 Caravan In The Mist Mann Friday 3 1 1
3 Willemiena Van Gezina Pieter Smith 2 2 2
4 Ons Twee Genoeg Barto Swiegers (feat Marissa) 2 4 4
5 Wat Maak Hy Daar Kris Ray 17 4 8
6 Ontlaai Ilan van Staden 7 4 6
7 As Die Plaas Byt Marissa 23 7 9
8 Heyto Tarentaal Min-Gespin 6 8 19
9 Stella Wouter Van De Venter 1 9 N
10 Ongerep Simone Roets & Joshua Na Die Reën 1 10 N
11 Klein Botteltjie Groot Gif Anzelle 2 5 5
12 Net Een Keer Samantha Leonard 23 1 11
13 Ek Sal My Vingers Af Baklei Angel De Lange 7 12 29
14 Hey Jy SAKKIE & Francoi van Coke 2 7 7
15 Ek Wens Ray Dylan 22 3 16
16 Vleisvreters Neil Somers & Adam Tas 5 6 20
17 Impulsief Barto 18 1 17
18 Jannie Bloemfontein Jakkie Louw 1 18 N
19 SySoen Wilma van Heerden 1 19 N
20 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 28 2 21
21 Dans met Gevaar Juan Boucher 14 1 23
22 Misgeloop Esme Fox 1 22 N
23 Sonder Liefde Andriette 18 6 22
24 Huurvry Adam 2 15 15
25 Hey Sonneblom Droomsindroom 48 1 26
26 Tipsie Verby Hugh Lynn 1 26 N
27 Howl Lucy Kruger & The Lost Boys 2 14 14
28 Don't Be a Doos (Slamma D Remix) Slamma D 11 19 32
29 Noem My 'n Vriend Emil Paul, Anya Swart 1 29 N
30 Katools Kevboii 23 7 28
31 My Nannas Wikus Botma 24 4 31
32 Bosveld Vakansie Prop 23 4 33
33 Man So Na My Hart Elizma Theron 7 1 12
34 Verlore  Francois van Coke 5 5 24
35 Nora Vlok Die Heuwels Fantasties & Appel 14 1 27
36 Foto's Dodo Nyoka 22 1 25
37 Klaar Gesmeek Jemma Catherine 2 37 39
38 Ek sê so Irene-Louise van Wyk 13 8 R
39 On Elke Hoek en Draai Simoné Roets 1 39 N
40 H2Oë Barto 31 1 34

Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.

Leave a Reply

error: Content is protected !!