Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Mann Friday klim in sy tweede week op die trefferlys al die pad na No 1, daar is meer as agt nuwe liedjies wat hul debuut maak, en een liedjie wat voorheen al hier gepronk het wat weer sy toetrede maak.

Soos genoem Caravan In The Mist van Mann Friday is op No 1 hierdie week. Die liedjie het verlede week sy debuut gemaak op No 12 gemaak.

Die eerste van agt nuwe liedjie op die Kraakvars Top 40 is Willemiena Van Gezina van Pieter Smith wat sy debuut maak op No 2. Die liedjie vertel die storie van dit maak nie saak hoe ryk of “grand” jy dink jy is nie, almal is net gewone mense aan die einde van die dag, veral as daar gekuier word.

Muller Brandt se Braaibroodjies spring vanaf No 26 na No 3. Hierdie opgewekte humoristiese snit, wat elemente van blues, pop en rock kombineer, gaan oor ’n ou wat twyfel of sy pragtige Crossfit-behepte meisie die regte een is vir hom, omdat sy sukkel om braaibroodjies te maak.

Op No 4 maak Barto Swiegers & Marissa se nuwe duet Ons Twee Genoeg hul debuut.  Die liedjie word beskryf as ‘n veelsydige duet wat altwee kunstenaars se uniekheid vasvang.

Anzelle se debuut enkelsnit, Klein Botteltjie Groot Gif maak sy debuut op No 5. Die liedjie gaan daaroor dat almal groot drome het en doelwitte het wat bereik moet word  en soms voel dit ontasbaar, maar maak nie saak wie jy is of wat jy wil doen of hoe groot of klein jy is nie, jy is groot gif en jy kan altyd jou drome bereik, maak nie saak wat nie.

Op No 6 is Ontlaai van Ilan van Staden, dis die liedjie se 6de week op die trefferlys as ook 5de week in die Top 10. Hey Jy van SAKKIE & Francois van Coke maak hul debuut op No 7.

Op No 8 is Wat Maak Hy Daar van Kris Ray, dis die liedjie se 16de week op die trefferlys en het die afgelope week 200 000 kyke op YouTube verby gesteek.

As Die Plaas Byt van Marissa is op No 8. Dis die liedjie se 22 week op die trefferlys. Die Top 10 word voltooi deur die nuwe liedjie van Niks Kan Vergelyk van Jacques & Liezel wat hul debuut maak op die trefferlys.

Nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40 sluit in:

  • Howl van Lucy Kruger & The Lost Boys op No 14
  • Huurvry van Adam op No 15
  • Klaar Gesmeek van Jemma Catherine op No 39

Ander liedjies wat weer op die trefferlys verskyn sluit in:

  • Vuur en Vlam van Van West op No 40

Sien die volledige Kraakvars Top 40 hier:

Kraakvars Top 40 - 24 Maart 2023

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Caravan In The Mist Mann Friday 2 1 12
2 Willemiena Van Gezina Pieter Smith 1 2 N
3 Braaibroodjies Muller Brandt 2 3 26
4 Ons Twee Genoeg Barto Swiegers (feat Marissa) 1 4 N
5 Klein Botteltjie Groot Gif Anzelle 1 5 N
6 Ontlaai Ilan van Staden 6 4 7
7 Hey Jy SAKKIE & Francoi van Coke 1 7 N
8 Wat Maak Hy Daar Kris Ray 16 4 11
9 As Die Plaas Byt Marissa 22 8 16
10 Niks Kan Vergelyk Jacques & Liezel 1 10 N
11 Net Een Keer Samantha Leonard 22 1 14
12 Man So Na My Hart Elizma Theron 6 1 10
13 Monitor Zaan Sonnekus 3 13 15
14 Howl Lucy Kruger & The Lost Boys 1 14 N
15 Huurvry Adam 1 15 N
16 Ek Wens Ray Dylan 21 3 19
17 Impulsief Barto 17 1 1
18 Hoer In Beton Millennium & Koos Kombuis 3 18 22
19 Heyto Tarentaal Min-Gespin 5 12 27
20 Vleisvreters Neil Somers & Adam Tas 4 6 20
21 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 27 2 25
22 Sonder Liefde Andriette 17 6 21
23 Dans met Gevaar Juan Boucher 13 1 18
24 Verlore  Francois van Coke 4 5 33
25 Foto's Dodo Nyoka 21 1 3
26 Hey Sonneblom Droomsindroom 47 1 29
27 Nora Vlok Die Heuwels Fantasties & Appel 13 1 6
28 Katools Kevboii 22 7 34
29 Ek Sal My Vingers Af Baklei Angel De Lange 6 12 32
30 Die Way Sy Biggy & Angie Oeh 2 17 17
31 My Nannas Wikus Botma 23 4 30
32 Don't Be a Doos (Slamma D Remix) Slamma D 10 19 28
33 Bosveld Vakansie Prop 22 4 39
34 H2Oë Barto 30 1 8
35 Stap Soldaat Loufi 3 17 23
36 Ditjies & Datjies FATMAN & Lianie May 17 3 9
37 Plaaslewe Anlia Star 23 1 31
38 Kwaaitjie Prop 34 1 40
39 Klaar Gesmeek Jemma Catherine 1 39 N
40 Vuur en Vlam Van West 10 25 R

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!