Hierdie week op die Kraakvars Top 40

Muller Brandt se Braaibroodtjies is nogsteeds die beste in die weste en is nogsteeds No 1 op die Kraakvars Top 40. Braaibroodjies,  sinspeel daarop  dat die pad na ’n Afrikanerman se hart beslis deur sy maag loop.

Op No 2 is Willemiena Van Gezina van Pieter Smith wat hierdie week sy hoogste posisie nog bereik na die liedjie drie weke op die trefferlys die eerste keer verskyn het. Die liedjei vertel ‘n storie oor dat dit maak nie saak hoe ryk of “grand” jy dink jy is nie, op die einde van die dag is ons almal maar net gewone mense, veral as ons kuier.

Min-Gespin se Heyto Tarentaal bereik hul hoogste posisie nog op No 3. Die liedjie is al 7 weke op die trefferlys en het vir 5 weke in die Top 30 en Top 20 geboer voor dit verlede week in die Top 10 verskyn het op No 8.

Nicholis Louw se Coco Pops en Kaas maak sy debuut op No 4. Dit is Nicholis se twee enkelsnit op die trefferlys en sy hoogste posisie nog.

Op No 5 is Ontlaai van Ilan van Staden, dis die liedjie se sewende week in die Top 10. Ontlaai bring samehorigheid en raak onderwerpe aan waaroor mans al baie gewonder het, gebid het en gesels het om die bosveldvuur.

Armand Hofmeyr se nuwe enkelsnit, Partytjie Slaap Herhaal maak sy debuut op No 6.

Kris Ray se Wat Maak Hy Daar is op No 7. Die liedjie word beskou as ‘n deurbraak vir Kris, met die musiekvideo wat amper meer as 250 000 kyke al het. Marissa se As Die Plaas Byt is op No 8.

Klein Botteltjie Groot Gif, die debuut enkelsnit van Anzelle is weer terug in die Top 10 op No 9. Die liedjie gaan daaroor dat almal van ons groot drome en doelwitte het wat ons wil bereik.

Die Top 10 word voltooi deur Noem My ‘n Vriend van Emil Paul en Anya Swart, dis beide die kunstenaars se eerste verskyning op die Kraakvars Top 40. Noem My ‘n Vriend het verlede week sy debuut op No 29 gemaak.

Ander nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40 sluit in:

  • My Wolf van Hansie Roodt op No 32
  • Kleintjie van Wikus Botma op No 38

Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.

Sien die volledige Kraakvars Top 40 hier:

Kraakvars Top 40 - 7 April 2023

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Braaibroodjies Muller Brandt 4 1 1
2 Willemiena Van Gezina Pieter Smith 3 2 3
3 Heyto Tarentaal Min-Gespin 7 3 8
4 Coco Pops en Kaas Nicholis Louw 1 4 N
5 Ontlaai Ilan van Staden 8 4 6
6 Partytjie Slaap Herhaal Armand Hofmeyr 1 6 N
7 Wat Maak Hy Daar Kris Ray 18 4 5
8 As Die Plaas Byt Marissa 24 7 7
9 Klein Botteltjie Groot Gif Anzelle 3 5 11
10 Noem My 'n Vriend Emil Paul, Anya Swart 2 10 29
11 Net Een Keer Samantha Leonard 24 1 12
12 Ek Wens Ray Dylan 23 3 15
13 Ons Twee Genoeg Barto Swiegers (feat Marissa) 3 4 4
14 Impulsief Barto 19 1 17
15 SySoen Wilma van Heerden 2 15 19
16 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 29 2 20
17 Vleisvreters Neil Somers & Adam Tas 6 6 16
18 Stella Wouter Van De Venter 2 9 9
19 Ongerep Simone Roets & Joshua Na Die Reën 2 10 10
20 Ek Sal My Vingers Af Baklei Angel De Lange 8 12 13
21 My Nannas Wikus Botma 25 4 31
22 Jannie Bloemfontein Jakkie Louw 2 18 18
23 Don't Be a Doos (Slamma D Remix) Slamma D 12 19 28
24 Dans met Gevaar Juan Boucher 15 1 21
25 Hey Sonneblom Droomsindroom 49 1 25
26 Foto's Dodo Nyoka 23 1 36
27 Nora Vlok Die Heuwels Fantasties & Appel 15 1 35
28 Verlore  Francois van Coke 6 5 34
29 Man So Na My Hart Elizma Theron 8 1 33
30 Caravan In The Mist Mann Friday 4 1 2
31 Hey Jy SAKKIE & Francoi van Coke 3 7 14
32 My Wolf Hansie Roodt 1 32 N
33 Bosveld Vakansie Prop 24 4 32
34 Ditjies & Datjies FATMAN & Lianie May 18 3 R
35 H2Oë Barto 32 1 40
36 Sonder Liefde Andriette 19 6 23
37 Monitor Zaan Sonnekus 4 13 R
38 Kleintjie Wikus Botma 1 38 N
39 Plaaslewe Anlia Star 24 1 R
40 Sandkasteel Nicholis Louw 13 18 R

Leave a Reply

error: Content is protected !!