Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40

Gerduan Kemp klim na No 1 met Sesde Sintuig die week, dit kom na die snit verlede week op No 2 sy debuut gemaak het. Sesde Sintuig is Kemp se eerste No 1 en volg in die voetspore van Dagbreekdrome wat gepiek het op No 17.

Na die bekendstelling van Eugene Nel se Boer Genoeg musiekvideo vir skiet die snit vanaf No 30 na No 2. Rinel Day se Ek Het Opgestaan bereik sy hoogste posisie nog op No 3, dit is ook die snit se agste week in die Top 10 en vierde week in die Top 5. Verdienste en Genade van Stefan Jansen klim vanaf No 17 na No 4 hierdie week.

Verder in die Top 10, Aksie! van Held van Harte sak en posisie af No 5. Breek Die Reëls Vir Liefde van Sonet Du Plessis spandeer haar sewende week in die Top 10 en klim na No 6 na die snit verlede week op No 9 was. Dis Okay van Bloumoord is op No 8 na die snit een posisie afsak vanaf No 7.

Stof tot Stof van Matthew John Duncan is die eerste van vier nuwe snitte op die Reputasie Top 40, die snit begin op No 7. Bly Jy Hier van Ariose begin op No 9, na die snit die week vrygestel is. November van Afrikaans Wil Dans (feat. Charl Stander) begin op No 10. Dinsdagaand van Déhan Pynappel begin op No 23.

Open in Spotify

Sien die volledige Kraakvars Reputasie Top 40 hieronder:

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!