Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40:

Sesde Sintuig van Gerduan Kemp behou sy No 1 posisie vir ‘n tweede week na die snit verlede week die kroon gevat het. Soveel Meer van Abel Knobel klim 19 posisies na No 2 na die snit verlede week vanaf No 1 na No 21 geval het. Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat Bjarne) klim van No 16 na No 3.

Ek Het Opgestaan van Rinel Day sak een posisie terug na No 4 na die snit verlede week sy hoogste posisie bereik het vanaf die snit 10 weke terug op die trefferlys verskyn het. Sonet Du Plessis se Breek Die Reëls Vir Liefde het met sy tweede (golf) klim van die Top 10 begin na die snit 7weke terug No 3 bereik het en toe stelselmatig terug gesak het na No 9. Die snit klim die afgelope twee weke vanaf No 6 verlede week na No 5. Baie Dankie Susanna Marais van JMF maak ‘n groot sprong vanaf No 19 na No 6 die week.

Daar is hierdie week net een nuwe snit op die Kraakvars Reputasie Top 40 betree, Bittersoet Gedig van Wilco maak sy debuut op No 11.

Noemenswaardige bewegings op die Kraakvars Reputasie Top 40:

  • Daar is ‘n hele paar snitte wat uit die Top 10 uitsak, Dis Okay van Bloumoord (No 8 na No 21), Stof tot Stof van John Matthew Duncan (No 7 na No 22), Verdienste en Genade van Stefan Jansen (No 4 na No 24).
  • Dis Hoe Jy Die Wêreld Verander van Zahn klim vanaf No 37 na No 23.

Open in Spotify

Sien die volledige trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!