Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40

Abel Knobel se Soveel Meer gee hom sy eerste No 1, nadat die snit verlede week op No 10 sy debuut gemaak het. Soveel Meer het die groot sprong na die snit sy eerste volle week van observasie het, nadat dit op 13 Oktober, vrygestel is.

Op No 2 en No 3 is daar twee nuwe snitte wat hul debuut maak, Sesde Sintuig van Gerduan Kemp begin op No 2 en Baie Dankie Susanna Marais van JMF wat op No 3 begin.

Aksie! van Held van Harte hou vas vir die tweede week op No 4, en dis die snit se derde week in die Top 10. Rinel Day se Ek Het Opgestaan is op No 5, terwyl hierdie snit agt weke terug op No 5 sy debuut gemaak het, hou die snit besonders goed op die Kraakvars Reputasie Top 40.

Verlede week se No 1 Wentelbaan van Legkaart sak 5 posisie af na No 6. Dis Okay van Bloumoord skuif op na No 7, na die snit verlede week uit die Top 10 geval het, maak dit weer ‘n terugkeer.

Buiten die bogenoemde snitte wat hul debuut maak is daar nog twee snit wat sy debuut maak op die Kraakvars Reputasie Top 40 is Hoor My Woorde van Henrico Coetzer op no 32 en Hippie Van van Dagboek van ‘n Dromer op No 36.

Noemenswaardige bewegings op die Kraakvars Reputasie Top 40

  • Sonstraal van ILAN sak terug na No 15 na dié se sprong na No 2 verlede week.
  • Dagbreekdrome van Gerduan Kemp klim vanaf No 39 na No 23, hierdie snit het ‘n herlewing na Kemp se nuwe snit vrygestel is op die 16 Oktober.

Open in Spotify

Sien die volledige trefferlys hier onder:

Leave a Reply

error: Content is protected !!