Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40, maak Dotcosa sy debuut op No 1 met Verloor Jouself Op My (feat. Bjarne). Dis Okay van Bloumoord sak terug na No 2, nadat die snit twee nie opeenvolgende weke No 1 was.
Breek Die Reëls Vir Liefde van Sonet Du Plessis het drie weke terug op die trefferlys haar debuut gemaak, en elke week daarna klim sy die range met die snit, hierdie week klim sy tot No 3 vanaf No 6.
Ander snitte wat hul debuut maak op die trefferlys is; In Die Oomblik van Frikkie van Biljon wat sy debuut maak op No 17. Iemand Aan Die Ander Kant van Xani & The Secret debuut op No 33.
Noemenswaardige bewegings op die Kraakvars Reputasie Top 40:
- Collide van Pierre Nel behou sy posisie vir die tweede opvolgende week op No 8.
- Happy As Ek Dronk Is van JMF klim tot in die Top 10 vanaf No 14 na No 10.
- Dagbreekdrome van Gerduan Kemp bly vir die derde opeenvolgende week op No 32.
Sien die volledige Kraakvars Reputasie Top 40 hieronder: