Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40. Waldo Greeff en Carma maak hul debuut op No 1 met Skadu’s van Grys. Skadu’s van Grys se barometer punte is in verhouding 2.96 keer meer as die nommer twee posisie, wat besonders is. Op Nommer twee is verlede week se No 1 Verloor Jouself Op My (feat. Bjarne) van Dotcosa.

Dis Okay van Bloumoord spandeer sy 5de week in die Top 3, waarvan die snit twee weke No 1 was. Breek Die Reëls Vir Liefde van Sonet Du Plessis skuif een posisie al na no 4 vanaf verlede week se No 3. Rinel Day kliim weer tot in die Top 10 met Ek het Opgestaan wat spring vanaf No 11 na No 8.

Daar is ook ses nuwe snitte op die trefferlys wat hul debuut maak, na Skadu’s van Grys se No 1 debuut, begin Aksie! van Held van Harte op No 12 en Herinnering van Wit Kasteel op No 15. Vandiét maak haar debuut met Vergewe op No 27. Dan op No 25 begin Lief & Leed van Moses Metro Man, terwyl die voorman van die groep Jako Meyer ook sy debuut maak met sy eie snit Lugballon op No 28.

Dan is daar drie snitte wat weer verskyn op die Kraakvars Trefferlys, die eerste snit is Die Weduwee se Kruik van Dehan Pynappel wat op No 36 sy verskyning maak. Bianca Goosen verskyn weer met Harley Quinn op No 37 en It’s Alright van Byron Minnie verskyn weer op No 38.

Noemenswaardige bewegings op die Kraakvars Reputasie Top 40:

  • Sontraal van ILAN spring vanaf No 26 na No 11, hierdie is te verwagte in afwagting van sy musiekvideo vir die snit wat een van die dae vrygestel gaan word.

Open in Spotify

Kennisgewing: Om op die Kraakvars Reputasie Top 40 trefferlys te verskyn moet snitte aan seker vereistes voldoen soos aangedui op die webblad. Daar was wel snitte wat op die trefferlys verskyn het wat nie aan die vereistes voldoen het nie, en daar was ‘n besluit geneem om die snitte wat nie aan die vereistes voldoen nie af te haal. Dit is om ‘n uniform trefferlys en ‘n standaard te handhaaf wat al die kunstenaars op ‘n gelyke wyse meet. Dankie dat julle verstaan en ons sien uit na die toekoms van die trefferlys.

Leave a Reply

error: Content is protected !!