Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40, maak Bloumoord ‘n haarnaalddraai op die trefferlys met Dis Okay wat terug klim na No 1 vanaf No 3. Dis die tweede week wat Dis Okay boaan die ranglys spandeer, Bloumoord se ononderbroke promosie van die enkelsnit werp verseker die vrugte.

Nuwe snitte wat hul debuut maak op die Kraakvars Reputasie Top 40, is Macho van NAT3 (feat. SPAM) op No 8, Happy As Ek Dronk Is van JMF op No 14 en Boer Genoeg van Eugene wat op No 23 sy verskyning maak. Twee snitte wat verlede week van die trefferlys geval het maak weer hul verskyning in die Top 40, Never Trust A Man van Sunel op No 27 en Hartsbegeerte van Shaun Nieuwoudt.

Noemenswaardige skuiwe op die trefferlys sluit in: Sonet Du Plessis, breek in die Top 10 in met Breek Die Reëls Vir Liefde wat opskuif na No 6.  Verlede week se No 1, Ruan Jordaan se Vegter sak terug tot No 15, na sy debuut week. Terwyl Roep van Matthew John Duncan sy posisie behou op No 4.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!