Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40.
Zaan Sonnekus maak sy debuut op die trefferlys op No 1 met Ek Kan Net Bid. Herman Kleinhans se Dankie behou sy posisie op No 2, drie weke na die liedjie op No 1 geboer het.
Verlede week se No 1, Wilha Carstens se Ek Sal Jou Weer Kies sak terug na No 3. Iemand Anders van Rita Li is op No 4. Jack & June se Steek Ons Liefde Aan Die Brand is op No 5. Jan Rhaap se Elmboog Na Bo is op No 6, dit is die liedjie se 15de week op die trefferlys.
CheraLee se As Môre Kom is op No 7, twee posisies laer as verlede week. Shelby se Ek Gaan Jou Mis is op No 8. Dit is die liedjie se tweede week in die Top 10 en bereik dieselfde hoogste posisie as in die liedjie se debuut week, 12 weke gelede.
Herman Kleinhans se Vliegtuig is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Seisoene van Devan, dit is die liedjie se derde week in die Top 10.
Nuwe liedjies op die trefferlys:
- Kyk Vir My van Tizel (feat SPAM) op No 17
Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:
- In Jou Arms Slaap van Cezanne Yzelle op No 16
- Boer Genoeg van Eugene op No 28
- Lewe van Deon Dee op No 35
- Sesde Sintuig van Gerduan Kemp op No 40
Kraakvars Top 40 - 21 Mei 2021
No | Liedjie | Kunstenaar | Verlede Week | Weke Op Trefferlys | Hoogste Posisie |
---|---|---|---|---|---|
1 | Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | N | 1 | 1 |
2 | Dankie | Herman Kleinhans | 2 | 5 | 1 |
3 | Ek Sal Jou Weer Kies | Wilha | 1 | 12 | 1 |
4 | Iemand Anders | Rita Li | 3 | 14 | 1 |
5 | Steek Ons Liefde Aan Die Brand | Jack & June | 4 | 9 | 4 |
6 | Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 7 | 15 | 1 |
7 | As Môre Kom | Cheralee | 5 | 8 | 2 |
8 | Ek Gaan Jou Mis | Shelby | 15 | 12 | 8 |
9 | Vliegtuig | Herman Kleinhans | 9 | 20 | 3 |
10 | Seisoene | Devan | 6 | 5 | 6 |
11 | Arm | Julanie J | 10 | 13 | 1 |
12 | Kom Loop | Jan Rhaap | 11 | 13 | 5 |
13 | Laat Aand Boogie | Vatvas Dansorkes | 13 | 38 | 3 |
14 | Awe My Ma Se Kind | Pret Kadet (feat Foksie Konyn) | 12 | 11 | 2 |
15 | Toe Ons Jonk Was | Rowen | 14 | 17 | 11 |
16 | In Jou Arms Slaap | Cezanne Yzelle | R | 5 | 10 |
17 | Kyk Vir My | Tizel (feat SPAM) | N | 1 | 17 |
18 | Verloor Jouself Op My | Dotcosa (feat. Bjarne) | 25 | 34 | 1 |
19 | Ek Wou Nog | Bottomless Coffee Band | 17 | 18 | 2 |
20 | Knipmes Aand | Willem van der Ryst | 18 | 15 | 13 |
21 | Sewe Somers | Bottomless Coffee Band | 20 | 20 | 9 |
22 | Bly Bietjie Langer | Marcel Dalmayda | 8 | 15 | 6 |
23 | Ghost Town | Marco Basson | 19 | 28 | 12 |
24 | Soldaat | Johan Anker | 21 | 28 | 1 |
25 | Jy Oortref My | Xander Joubert | 23 | 18 | 13 |
26 | Ek Staan Stil | Hannes Van der Walt | 22 | 15 | 2 |
27 | Set Our Hearts On You | Stella | 24 | 20 | 15 |
28 | Boer Genoeg | Eugene | R | 13 | 2 |
29 | Rondomtalie | Red Sheep | 33 | 6 | 29 |
30 | She's So High | Hanco | 29 | 5 | 29 |
31 | Vandag | Morne | 30 | 17 | 1 |
32 | Lappop | Tussen Sterre | 28 | 37 | 4 |
33 | November | Afrikaans Wil Dans (feat. Charl Stander) | 31 | 30 | 7 |
34 | Rose | Henri Alant | 16 | 12 | 10 |
35 | Lewe | Deon Dee | R | 9 | 6 |
36 | Dans Tot Die Son Opkom | Imke | 35 | 19 | 14 |
37 | Laat Dit Reën | Rayne | 38 | 16 | 1 |
38 | Breek Die Reëls Vir Liefde | Sonet du Plessis | 34 | 37 | 3 |
39 | Onbeplan | JP White | 27 | 10 | 3 |
40 | Sesde Sintuig | Gerduan Kemp | R | 28 | 1 |