Elandré het die Afrikaanse musiek mark oornag bestorm met sy debut album wat treffer na treffer opgelewer het van die patriotiese anthem Afrikaans Sal Bly tot Honderd Duisend Maal wat op menige troues die instap lied geword het van die bruid en bruidegom.

Met Vuur op die Water bring Elandré iets uniek, agtergrond voetstampe met ondergrondste pop klanke. Uit die pen van die kunstenaar self en Niel Schoombee. Hulle het ‘n treffer hier beet en soos ek hierdie skryf het die musiek video binne drie dae 28 000 kyke op YouTube gekry.

Meer oor die musiek video, alle Afrikaanse musiek videos deesdae hand af ‘n kwaliteit wat nog nooit voorheen gesien is in Suid-Afrika nie. Terwyl Vuur of die Water dieselfde kwaliteit hand af, sal ek sê dis die dans in die video wat dit beter maak as die kopie-en-paste musiek videos wat ons gewoond is aan.

Ek beskryf hierdie liedjie as “ondergrondse pop” want dit is die beste beskrywing wat ek daarvoor kan uitdink.

Welverdiende vyf uit vyf.

★★★★★

Leave a Reply

error: Content is protected !!