Suzzi Swanepoel is hierdie vrolike kunstenaar wat my aan die pastel dae van die 50’s en 60’s laat dink. Kyk maar na enige van haar vorige werk dan sal jy sien watse vrolike mens sy is. Als vir Niks is haar nuutste enkelsnit, sy beskryf dit as ‘n lounge rock liedjie en ek sal saam met haar stem.

Suzzi se stem is fluweel fyn op die liedjie en van my vriende sê dat dit klink of sy sonder moeite sing. Vir my klink dit of sy haar unieke styl gebruik om uit te staan van die ander kunstenaars daar buite. Die boodskap van Als vir Niks is dat jy partykeer kan voel dat tussen die gejaag na sukses jy jouself kan verloor en op die ou einde kan voel dat dit als vir niks is. Maar dan aan die einde onthou jy om die ware jy te gaan soek en te vind.

Ek sien uit om meer van Suzzi te hoor in die toekoms.

★★★☆☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!