Hierdie debuut album van Abel Knobel, het al in Oktober 2019 die lig gesien maar het jare gevat om te maak en in die proses het Abel homself gevind. Die 17-snit album wat vervaardig is met die hulp van Sean Butler en 15 van die snitte is geskryf deur Abel en Sean. Een van die vele dinge wat vir my uitstaan op die album is dat al die instrumente op die album lewendig opgeneem is en dit gee die hele album ‘n puik klank van produksie kant.

Nou mens kan baie oor die album sê ek wil graag in diepte ingaan in twee van die snitte op die album.

Die eerste snit wat ek voel ek moet bespreek is Bipoler. Ek het gesit en die album geluister en toe liedjie nommer vyf beginne speel toe sit ek regop. Die eerste ding wat my gevang het was die helder klanke van die instrumente, ek dink nie baie kunstenaars besef dat watse verskil lewendige instrumente maak teen oor die elektroniese instrumente nie, dit maak net elke snit ‘n miljoen keer beter. Tweedens die uitspraak van die woorde is so mooi, dit het soveel emosie vir ‘n lied wat eintlik met ‘n tong in die kies gesing word, daar is hierdie gedeelte voor die koor wat hy die woord mal gebruik en hoe hy die noot sag bring voor die opgeboude koor is fantasties. En dan is daar die koor, hoekom is elke Afrikaanse liedjie nie so nie? Hierdie is kuns vir pop Afrikaanse musiek.

Dan wil ek gaan na snit twaalf toe gaan wat ‘n cover van The Story is wat oorspronklik deur Brandi Carlile uitgebring is in 2009. Nou wat Abel se snit vir my ‘n fantastiese weergawe vir ‘n man stem maak en wat my hoendervleis gegee het was daardie super falsetto noot wat ek moes gegoogle het en al wat google vir my kon sê is dat dit moontlik ‘n E5 noot is?

In die algemeen is die album se klank is fantasties, Abel se stem is puik en die vervaardiging is van die beste. Nog ‘n ding wat ek voel ek moet noem is dat Abel wys duidelik dat hy note kan slaan wat onmenslik is om te slaan maar hy oor gebruik dit nie en ek respekteer dit, ‘n album gaan oor meer as net hoë note slaan en vir almal wys dat jy kan sing. Dit gaan oor die emosie en om te weet wat pas in elke snit.

Soos Abel sê: “Die geboorte van Refleksies was NIE ‘n maklike proses nie. Bloed, sweet en trane soos hulle sê. Ek het vir meer as 3 jaar geskryf aan die album en al het hierdie proses baie opoffering, harde werk en GELOOF geverg, was dit by verre die lonendste projek wat ek nog aangepak het.”

Mag Abel se album sukses bereik.

★★★★☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!