Brendan Peyper is terug met sy vierde album Twintig20, en soos klokslag bring Brendan elke jaar en ‘n half ‘n album uit. 

Twintig20 haal skaars asem en dit is een groot jol van die begin tot die einde, met net een ballade Ek het jou nodig wat die album in die middel ‘n rus kans gee. Brendan vertel dat hy ‘n orkes-gedrewe klank na vore wou bring met die album en dat dit ‘n lewendige vibe het. 

Die album open met die eerste enkelsnit wat vrygestel is, Sterk soos ‘n Leeu. Die snit gaan oor die dat Brendan mos sterker word op skool om die afknou en geboelie op skool te oorkom. Die tweede enkelsnit is Lekkerder op my Trekker, dit is seker my minste gunsteling snit op die album, en dis basies net oor die rym van lekkerder met trekker.  Die res van die album is wat mens kan verwag van Brendan. Puik kwaliteit, goeie produksie en aansteeklike liedjies wat maak dat ek nie kan help om te beginne dans nie. 

Ek dink een belangrike aspekte van die album is die rol wat Niel Schoombee speel op Brendan se albums en Niel het groot bydra tot die maak en skryf die album en is betrokke al vanaf Brendan se eerste album. Feit vir die dag: Niel het vir Brendan ontdek. Dit help verseker dat hierdie twee kunstenaars in dieselfde stad (Bloemfontein) bly, en maak collaboration baie makliker. 

Uitstaan snitte op die album is Dis Alles Jy, Vasdanslyf en Sterk Soos ‘n Leeu

Hierdie is nog ‘n sterk lewering van Brendan wat definitief ‘n treffer sal wees, al klink dit baie dieselfde as van sy vorige werk. 

★★★☆☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!