Ramey Short het onlangs sy eerste solo-album Kannie Breek uitgereik. Nou Short is nie ‘n nuweling vir die vermaaklikheid wêreld nie, maar hy is nuut in die musiek industrie. Die album is die produk wat twee jaar gevat het om te maak en waar elke snit vir Short iets beteken.

Die album begin met die titelsnit en vertel die storie dat die toekoms altyd onseker is maar maak nie saak wat gebeur nie, ons kannie breek. Snit nommer vier Dokter Dokter speel reg in Short se kraal, nie net sinspeel hy dat hy ‘n dokter is in die liedjie nie, maar hy speel ook Dr. Quinton Meyer in die daaglikse televisie drama, Binnelanders.

Wat die album indrukwekkend maak is dat die amper al die snitte geskryf is deur Short homself geskryf, die hulp van Emil Struwig is ook ingespan op sommige snitte. Van die vervaardigers wat genader is oor die projek sluit in Werner Beukes, Ferdinand Skead en Rian Swanepoel.

Ter beskrywing van die klank op die album, beskryf hy dit as ‘n vars bries met ‘n internasionale geur. Dit is ‘n voetestamp storie vertelling wat gebaseer is op boustene van hoop, liefde en inspirasie. Dis ‘n werk wat baie na aan Short se hart is en word as a spanpoging sowel as ‘n enkellopende reis beskryf.

Album gunstelinge:

  • Hou Vas
  • More Kom Die Son Weer Op

Dis ‘n welverdiende poging wat wys dat aanhouvermoë en moed, jou altyd by jou drome sal uitbring.

★★★☆☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!