Cheralee het onlangs haar nuwe enkelsnit So Verkeerd vrygestel, hierdie snit het ‘n sterk pop-rock klank wat maklik op enige radiostasie sal boer. Die snit het al die lig gesien in 2018, maar word nou amptelik vrygestel vir radio en alle digitale platforms. En dis goed so, want hierdie snit moet gehoor word deur meer as net die aanhangers van Cheralee. Hierdie is definitief ‘n radio treffer.

Die snit vertel die verhaal van ‘n verhouding wat emosioneel aftakeling en gewelddadig is en dat dit so verkeerd is. Cheralee verwoord die gevoelens sterk in die koorgedeelte van die liedjie “Ek wens ek kan dit vergeet, dit was so verkeerd om jou lief te hê.”

Cheralee is ‘n veelsydige kunstenaar – sy is ‘n lirieke skrywer, musikant en grafiese ontwerper. Met So Verkeerd bewys Cheralee dat sy die meesterlike vermoë het om liedjies op ‘n eerlike en radio vriendelik manier kan “vertel” en dat sy ‘n talent het wat dopgehou moet word.

Puik! Jy moet hierdie snit van Cheralee luister.

★★★★☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!