Gerduan Kemp is ’n Bloemfonteinse sanger en liedjieskrywer wat besig is om sy kleintyddrome te verwesenlik. Hierdie week het hy sy derde enkelsnit Dagbreekdrome vrygestel, en hierdie snit is bestem vir groot dinge. Die klank van die snit herinner mens aan die begin jare van Straatligkinders en Die Heuwels Fantasties. Gerduan is nie net ‘n talentvolle sanger en liedjieskrywer nie maar kan ook drie instrumente speel, en tussen deur sy musiek loopbaan het hy fotografie- en videografiebesigheid.

Dagbreekdrome is geskryf deur Gerduan en Peter Cleff en is ‘n inspirerende pop/rock liedjie en die betekenis agter die lied handel oor dat mense geneig is om hul drome te verdruk weens mense se opinies. Danksy inspirasie wat hy gekry het by ander mense wat juis hulle drome nagejaag en bereik het, verklaar hy in die lied dat ons moet leer om te droom te volg met ons oë oop! En met Gerduan se warm en vol stem is hierdie beslis ‘n snit wat op herhaal gesit moet word.

Gerduan vertel dat vanaf hy kan onthou, geniet hy sing en optree. In sy finale jaar van studies het hy besluit om die musiekwêreld voltyds te betree en hy beskryf homself as iemand wat mal is oor diep lirieke wat goeie stories vertel.

Alhoewel hy nog altyd daaroor gedroom het om ’n sanger te wees, het sy liefde vir musiek toegeneem deur sy sanglesse op skool en sy optredes. Hy het drie jaar gelede begin om ’n paar liedjies te cover en dit op YouTube te laai. Die reaksie en terugvoer was baie goed en op dié wyse het hy besef dat daar tog vir hom ’n toekoms as musikant wink.

Die musiekvideo is relevant tot die huidige omstandighede met die inperking omdat ons onsself soms inperk teenoor iets waaroor ons passievol is, omdat ons bang is vir wat mense gaan dink.” Dit beeld die skryf- en opneemproses uit van hierdie lied sowel as die stagnering wat soms ervaar word wanneer dit kom by die waarmaking van ons drome.

Die sukses wat Gerduan tot dusver behaal het, kan toegeskryf word aan sy musiekstyl en sy liefde vir stories. “Ek het besef dat almal se lewens verskil en daarom verskil almal se stories. Ek wil graag mense se harte aanraak met my musiek deur oor onderwerpe te sing waarmee mense kan assosieer en sodoende hulle eie lewensverhale in my musiek te kan vind.” Sy werk bied ’n goeie middellyn tussen die voorkeur vir diep lirieke, maar ook die musikale kant van musiek.

Soos Dagbreekdrome ons motiveer om ons drome na te jaag, jaag Gerduan sy drome na met sy slagspreuk: “Jack of all trades – Master them all

Leave a Reply

error: Content is protected !!