Dèhan is ‘n nuwe talentvolle sanger en liedjieskrywer, wat pas sy heel eerste roerende enkelsnit vrygestel, Die Weduwee se kruik. Die snit is ‘n verwerking van Lucas Maree se bekende liedjie deur Dèhan opgeneem is en in die proses met sy diep sielvolle stem, bewys hy dat met sy eiesoortige interpretasie en vertolking van die snit, dit sy eie gemaak het.

Dèhan het amper nie die musiekbedryf aangepak nie nadat ‘n bekende sangafrigter vir hom gesê het dat hy liewer nie moet sing nie. Dit het sy hart gebreek en het besluit om net vir homself te skryf en te sing. Dèhan het na matriek ‘n ander kunsvorm beoefen; hy het produksieontwerp en haarkapperwese studeer, maar sy siel het altyd terug gehunker na die verhoog, na die musiek en na die lirieke. Nadat hy ‘n liefdesteleurstelling gehad het, het Dèhan ‘n dramakus-oomblik gehad soos in sy eie woorde: “Ek het op 28-jarige ouderdom ‘n liefdesteleurstelling gehad . Dit was soos ‘n damaskusoomblik. Ek het weer my liedjies uitgekrap, afgestof en teruggedraai na musiek.”

Baie van Dèhan se inspirasie kom uit die lewe self. “Die lewe is ’n reis wat so baie liedjies en stories bied. Dit is ons werk as liedjieskrywers om hierdie liedjies op papier te sit,” sê dié sanger. “My liedjies vertel stories; oor alledaagse gebeure., oor hartseer, oor geluk. Ek maak nooit ‘n moordkuil van my hart nie ek gebruik woorde om my gevoelens uit te druk.  My musiek is my dagboek. Met my reise is ek opsoek na liefde.”

Dèhan het ongelukkig nooit die voorreg gehad om vir Maree self te ontmoet nie, maar sy Oupa het hom aan Maree se musiek bekend gestel. “Ek glo Lucas maak nou musiek in die hemel en my oupa is sy grootste ondersteuner.”

Die Weduwee se kruik is ‘n waagstuk om as onbekende sanger as eerste enkelsnit vry te stel. Maar Dèhan sou dit nie anders wou gehad het nie. “My vervaardiger, Riaan Steyn van Traxpro Studio het voorgestel dat ek dié liedjie opneem.  Ek het dadelik aanklank by die liedjie gevind. Veral by die woorde.” Die koorgedeelte, Ons almal is maar bang dat die liefde dalk sal opraak, dus probeer ons dit tot sterwens toe bewaak, sê Dèhan beskryf waar hy in die stadium in sy lewe is.

Dèhan is definitief ‘n kunstenaar om dop te hou en hy het pas sy eerste vollengte album voltooi en dit sal binnekort uitgereik word. Soos die musiekbedryf het vir hom geleer dat ’n aanhouer wen. “Die lewe loop in sirkels en voordat jy jou oë kan uitvee, is dit weer jou beurt,” sê hy. “Musiek is my passie en ek hoop dat ek my musiek na almal in Suid-Afrika sal kan bring.”

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!