ILAN het sopas sy tweede enkelsnit Sonstraal vrygestel. Die snit wat belowe om dié “feel good” treffer van 2020 te wees, is een wat elke luisteraar moet voeg tot sy speellys vir die res van die jaar.

ILAN het bekendheid verwerf met sy deelname aan The Voice SA (Seisoen 3) in 2019. Waarna hy sy eerste enkelsnit Elektries bekend gestel het.

Sonstraal is definitief iets om te hoor, dit klink uniek ILAN en tog ook ‘n welbekende klank van die 80’s se musiek. Mense sal Sonstraal beskryf, dat dit ‘n dromerige gevoel het en definitief ‘n “feel good feeling” het en met ‘n wynglas sal jou aand op ‘n goeie noot afskop. ILAN is weereens gereed om ‘n nuwe merk op plaaslike Afrikaanse musiek te maak en hierdie snit met die land te deel. Hierdie enkelsnit is op pad om elke moontlike frons in ‘n breë glimlag te verander!

Sonstraal is oorspronklik self gekomponeer deur Ilan van Staden en gesamentlik opgeneem en verwerk deur Ilan van Staden, Johan van Dyk en Tjaart van Der Walt.

Leave a Reply

error: Content is protected !!