Ek dink Hanco het sy klank gevind, Hanco se EP Hou Vas bring al sy enkel snitte van 2018 bymekaar en saam maak hulle ‘n volledige kort album.

Die album begin met die emosionele lied Hou Vas, wat gepaard gaan met ‘n musiek video wat die eenvoud en die emosie wat ons almal al beleef het pragtig uitbeeld. Dit illustreer Hanco ook as ‘n gedigte skrywer wat al sy emosies in woorde kan omskryf. Die tweede snit Verdrink is ‘n meer “upbeat” lied waar Hanco sy falsetto stem in die koor gebruik om sy stem af wys. Die Afrikaanse elektroniese musiek is ‘n vars verandering op die EP. Ek en Jy is een van die snitte wat al voorheen uitgereik is. Maar op die album pas die lied beter in die geheel as op sy eie.

As You Are, die eerste engelse liedjie op die EP, het ‘n elektro pop klank was perfek op die album en Hanco se stem raak nie weg in die musiek nie. Daar is nog steeds die mens gevoel in liedjie. Wêreld is die eerste liedjie wat ek gehoor het van Hanco en julle kan my resensie daaroor geskryf hier.   Kyk Waar’s Ons Nou is die EP se rustige liedjie met “chill vibes” het. Hierdie liedjie se woorde sal ‘n treffer wees as jy wil op maak met jou meisie en jy bring die kitaar en sing vir haar buite haar venster, ‘n regte romantiese fliek toneel.  I Will Survive het ook ‘n elektro pop aanslag met ‘n bietjie house ingemeng, wat dit die perfekte afsluiting gee vir Hanco se eerste EP.

★★★★☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!