Demi Lee Moore se tweede album Mis Eet Slaap Herhaal is die eind produk van suksesvolle sang kompetisie Die Kontrak. Waar sy as die wenner van die eerste seisoen aangewys is tydens die eerste Afrikaans is Groot konsert.

Die album open met die hartslied Mis Eet Slaap Herhaal, waar sy die hart snare roer en haar stem jou hoendervleis sal gee van jou kop tot tone. Na hierdie lied is daar nog drie oorspronklike snitte op die album, naamlik Vulkaan, Lelie en Ek is Hier.  Hierdie liedjies volg ook die mid-tempo van die opening snit. Die res van die album is gevul met liedjies wat Demi Lee gesing het op Die Kontrak. Van al hierdie “covers” wat fantastiese weergawes, dit is net Lei My Na Die Water, waar haar stem vir ‘n te kort het in vergelyking met die oorspronklike kunstenaar Appel.

Hierdie album het al reeds meer as 20 000 kopie verkoop slegs twee weke na sy vrystelling, nie net wys dit op hoe gewild sy is onder die kykers van Die Kontrak ook nie, maar lê ook klem op die produksie masjien wat Coleske Artist is.

★★★★☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!