Die Beste tot Nou is die eerste grootste treffers album van Karlien van Jaarsveld. Hierdie album volg na 4 albums wat Karlien ‘n sitplek as een van die legendariese Afrikaanse sangeresse gegee het. Daar is twee nuwe liedjies op die album, naamlik Wil Jy Vry? en Wie Hou Score, al twee is uit die boek treffers en sal definitief die somer almal op die dansbaan hou. Die res van die album bestaan uit haar grootste treffers van haar eerste album tot verlede jaar se treffer Sing vir Liefde.

Karlien van Jaarsveld is een van daardie kunstenaars wat die publiek of nie genoeg van kan kry nie of hulle wil niks van haar af weet nie. Maar die vraag is wat is die werklike impak wat sy gemaak het op die musiek industrie?

Karlien as Sangeres

Haar eerste album Jakkals Trou Met Wolf se Vrou (Maart 2011) het haar drie groot treffers gegee wat lekker ingepas het met die sokkie kultuur wat die Afrikaanse musiek mark het. Beter as Liefde het meer as 1 miljoen kyk op YouTube en Jakkals Trou Met Wolf se Vrou amper 500 000. As Die Gordyn Val het nooit ‘n musiekvideo gekry nie maar dit is definitief een van die liedjies wat haar laat aanklank vind by ‘n magdom mense wat haar sukses net nog groter gemaak net.

Uitklophou het binne 2 weke goud status bereik nadat dit uitgereik is in Augustus 2013. Die eerste enkelsnit Hande het oor die 330 000 kyke op YouTube en was geskiet op die wye vlaktes van Verneukpan in die Noord-Kaap.  Hoor Hoe Raas Die Stilte het ook ‘n groot treffer geword en die dat dit in As Jy Sing gebruik was het die film weergawe ook groot gegaan.

Haar derde album, My Hartjie is in Maart 2015 uitgereik en die lied met dieselfde naam se musiek video het 1,2 miljoen kyk op YouTube.

Sing vir Liefde haar vierde album is in April 2017 uitgereik en het twee weghol treffers gehad en moontlik haar grootste treffers tot hede. Sing vir Liefde en Dans in die Reën het onderskeie 2.38 miljoen en 1.46 miljoen kyke op YouTube.

Karlien as TV- en Fliek-ster

Karlien het in twee groot Afrikaanse films gespeel naamlik Platteland (2011) en As Jy Sing (2013). Platteland is geëindig met meer as R8.23 miljoen by die loket en As Jy Sing met R6.55 miljoen. Sy het ook Strictly Come Dancing in 2015 gewen. Daar is ook die realiteit reeks In Jou Skoene wat op Via in Januarie 2017 beginne wys het wat baie goed ontvang is. Die tweede reeks is ook oppad is daar onlangs bevestig.

Karlien en die Media

Hierdie is definitief een van die vreemde punte van die Karlien se loopbaan. Sy kry baie wind van voor oor wat die media van haar skryf en hoe die publiek reageer op hierdie artikels. Van haar persoonlike lewe, vlugte wat verpas word en artikels oor elke Instagram plasing. Karlien van Jaarsveld bly ‘n baie gewilde figuur in die Suid-Afrikaanse musiekmark.

Opsommend

Karlien gaan vir ‘n lang tyd hier wees en sy is hier om te bly, hierdie grootste treffers album Die Beste Tot Nou beklemtoon net die impak wat sy gemaak het en die leemte wat daar sou gewees het sonder haar.

★★★★☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!