Die veelsydige akteur en kunstenaar, Reynardt Hugo het vroeër in 2020 sy eerste solo-enkelsnit, Die Rivier, vrygestel, en dit het almal en ook sy eie stoutste verwagtinge oortref! Sy volgende enkelsnit, Diep Binne My, is pas vrygestel.

“Die liedjie gaan oor twee mense wat in ‘n verhouding is en deur ‘n moeilike tyd gaan en by ‘n kruispad kom en moet besluit of hulle aan die verhouding gaan werk en of hulle eerder die verhouding moet stopsit,” vertel Reynardt. Reynardt en Sean Butler het die lied geskryf en Reynardt vertel dat die lied vir hom baie beteken, aangesien hy homself in soortgelyke omstandighede bevind het. “Ek moes besluit of ek my lewe wil omdraai, vergifnis vra en aan myself werk – om by ‘n plek van waarheid uit te kom. Dit is nie altyd maklik nie, dit is ‘n moeilike pad om te stap, maar definitief die moeite werd. Ek dink oud en jonk sal daarby aanklank vind, omdat dit ‘n verskillende betekenis vir elkeen kan inhou,” voeg hy by.

Reynardt wie se sangloopbaan met die sanggroep Adam vlamgevat het, slaan nou sy eie rigting in met Diep Binne My. Die pop snit het ‘n opbouende klank, en mik om die luisteraar te inspireer met die dromerige produksie. Reynardt se unieke stem met sy brei maak dat hy onmiddellik herkenbaar is in groeiend musiek mark waar dit al hoe moeiliker word om uit te staan van die massas.

Reynardt is ’n gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, liedjieskrywer, motiveringspreker en skrywer. Hy was voorheen deel van die groep ADAM en is tans steeds te sien in kykNET se Binnelanders. Hy was ook deel van verskeie teaterstukke en verhoogproduksies en tree gereeld as seremoniemeester op by funksies.

Leave a Reply

error: Content is protected !!