Held van Harte is terug het hul derde enkelsnit Aksie! Na hul debuut enkelsnitte Die Lig en Legkaart is hul derde enkelsnit weer ‘n wenner vir die tweemanskap.

Held Van Harte
Held Van Harte, Andre Hurter & Shaun van Niekerk. Foto: Facebook.

Shaun van Niekerk en Andre Hurter is die stigterslede van Held van Harte en is in Pretoria gebaseer. Shaun het jare se ondervinding in ‘n lewendige vermaak as ‘n solo kunstenaar, verskeie musiek groepe en Barnyard shows. Andre aan die anderkant is ‘n musikale genie en multi-instrumentalis en is agter al die instrumentasie en produksie van die groep se musiek. Die twee word op die verhoog vergesel deur sessie musikante, sodat mense die volle lewendige band ervaring kan kry. Die tweemanskap word geïnspireer deur melodiese Rock groepe vanaf die 80’s, 90’s en die hede, vanaf Def leppard regdeur tot Nickelback.

As mens ‘n Venn-diagram teken met Eden, Adam en NRG pas Held van Harte reg in die middel. En dis presies wat Aksie! is, die snit klink bekend maar tog uniek. Die snit gaan oor ‘n meisie wat in die sanger te lewe inkom en met ‘n warrelwind sy voete onder hom uitstaan.

Leave a Reply

error: Content is protected !!