KrisJan stel vandag sy musiekvideo vir Tannies, sy nuutste enkelsnit bekend. Die liedjie gaan uit en uit daaroor om elke dame in Suid-Afrika goed te laat voel oor hulself.

Sy sosiale media volgelinge (veral die ouer dames) sug oor sy blou oë wye-mond-glimlag en bas-donderstem wat so salig soos perdehoewe op die grondpad op jou ore val. “Ek hou ook baie van die tannies. Ek het ook spesiaal ‘n liedjie aan die tannies geskryf,” vertel KrisJan

Die 22-jarige sanger van Hartenbos vertel “My oupa het begin om my Krisjan te noem,” sê hy. Dié naam het vasgesteek en voordat hy sy oë kan uitvee is die verhoognaam (en -ster) Krisjan gebore.

Krisjan het in die Vrystaat grootgeword, maar het sowat sewe jaar gelede saam met sy ouers na Hartenbos, waar hulle ‘n perdryskool begin het, verhuis. Daarom was dié jong sanger ook nie verveeld gedurende die grendeltyd nie.”Ek het myself op die plaas besig gehou; trekker gery, plaaswerk gedoen, stalle gebou, en tussendeur aan nuwe liedjies gewerk. “

Hoewel Krisjan eers sowat twee jaar gelede professioneel begin sing het, het sy musiekvideo’s reeds derduisende kyke op sy Facebook-blad gekry het. Hy sê hy maak nie sommer net musiekvideo’s omdat hy moet nie; trouens elke musiekvideo het ‘n storielyn.

Die liedjie musiekvideo kan gekyk word op Facebook volg die skakel hier.

Krisjan - TanniesSuid - AfrikaIs jullle gereed vir die TANNIES 😱😱Die liedjie en musiek video is Spesiaal vir elke liewe dame☺️Julle is amazingTag asb n tannie 😜😜Song is op alle digitale platforms beskikbaar behalwe Jooxhttps://distrokid.com/hyperfollow/krisjan1/tannieshttps://distrokid.com/hyperfollow/krisjan1/marionetmeesterLike en gaan asb mal met die shares van die musiek video ☺️😜Baie dankie aan Bakgat/Inferno (0606931789) wat hul gebou beskikbaar gemaak het vir die skiet van die video.Dankie aan Ruach Films vir die skiet en edit van die video.Kontak gerus vir Conré Groenewald van Ruach Films vir events , promosies en enige iets wat jy op n video wil vasvang.Email: ruachfilms19@gmail.comTell: 072 270 9496

Posted by KrisJan musiek on Tuesday, December 29, 2020

Tannies is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale media: Facebook | Instagram

Leave a Reply

error: Content is protected !!