Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Julanie J klim hierdie week al die pad na No 1 met Arm. Die liedjie is verantwoordelik vir amper 37% van die kyke hierdie week van al die liedjies wat kompeteer vir ‘n plek in die Kraakvars Top 40.  Rayne se treffer Laat Dit Reën behou sy posisie op No 2 vir die derde opeenvolgende week.

Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.

JP White keer terug na die trefferlys met Onbeplan op No 3, na die liedjie se musiekvideo verlede week vrygestel was. Rita Li se Iemand Anders klim vanaf No 24 verlede week na No 4 na die liedjie se musiekvideo ook verlede week vrygestel was. Jan Rhaap behou sy twee liedjies, Elmboog Na Bo en Kom Loop op No 5 en No 6.

Wilha maak sy debuut op die trefferlys met Ek Sal Jou Weer Kies op No 7. Shelby begin op No 8 met Ek Gaan Jou Mis. Wikus Botma maak ook sy debuut op No 10 met We’ll Be Okay.

Die ander nuwe liedjie op die Kraakvars Top 40 is:

  • In Jou Arms Slaap van Cezanne Yzelle op No 16

Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Skree Vir My van Ichnus op No 38
  • Waar Ek Moet Wees van Cezanne Yzelle op No 39
  • Ek Wonder van Herman Kleinhans op No 40

Luister na die trefferlys hier:

Open in Spotify

Sien die volledige trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!