Johan Anker - My Legendes KonsertJohan Anker - My Legendes Konsert

Johan Anker het aanhangers van The Voice SA vanaf die eerste oomblik af beïndruk toe hy in 2016 aan die eerste reeks van hierdie realiteitsprogram deelgeneem en stoele laat draai het met sy hoendervleismooi weergawe van Hallelujah. Die video van sy eerste oudisie is nie net deur meer as 300 000 mense op YouTube gesien nie, maar is ook gekortlys deur The Voice Global (internasionale forum) se blad as Suid-Afrikaanse videoverteenwoordiger van hunks met die beste oudisies wêreld wyd.

Na die kompetisie het hy ‘n platekontrak gekry en het toe n album vrygestel, Hoop en Bid. Liedjies vanaf die album was op radiostasies regoor die land te hoor. Hy het ook al die voorreg gehad om regoor die land te toer met sy album en het al by menigte feeste opgetree. Een van hierdie feeste was die Klein Karoo Nasionale Kunstefees waar sy lewendige weergawe van die Oorwinningslied meer as 500 000 trefslae gekry het na dit op sy Facebook blad geplaas was.

Anker het daarna enkelsnitte soos My Arms en ook Soldaat vrygestel wat goed ontvang was deur radio stasies en die publiek.  Onlangs het hy kragte saam gesnoer met Sasha-Lee Davids (Idols Wenner 2009) en ‘n trou ballade vrygestel; Ek Belowe wat op menigte treffer parades gepronk het.

Anker is nou hedendaags terug met sy eie produksie genaamd My Legendes. Die idee agter die produksie was gebore na sy aanhangers hom gevra het om meer liedjies te sing van legendes soos Elvis Presely, Steve Hofmeyr en ook klassieke treffers soos Nessun Dorma. Hy het besluit om sy aanhangers te gee waarvoor hulle gevra het en n versameling van liedjies op te voer, van sy persoonlike legendes.

“Ek het groot geword met Elvis se musiek, sy gospel albums veral het gereeld Sondae in my ouerhuis gespeel. My pa het ook ‘n groot liefde gehad vir Gé se musiek en het ook Opera geniet. Ek wou graag nuwe lewe in hierdie treffers blaas en steeds my eie stempel op dit afdruk”, vertel Johan.

Hy poog nie daaraan om hierdie kunstenaars na te maak nie, maar eerder eer aan hulle musiek te bring op sy eie manier.

Natuurlik sal daar ook van Anker se oorspronklike musiek te hore wees en sal hy soos hy daarvoor bekend is die program afsluit met n Christelike Treffer.

Anker verklaar dat hy ook lekker gaan gesels met sy gehoor en die betekenis van elke liedjie met hulle gaan deel. Hierdie konsert beloof om vermaak te bied vir jonk en oud, met Johan se groot stem en spontane persoonlikheid. Kom luister saam na treffers wat jou herinner aan die goeie ou dae.

My Legendes Konsert vind plaas by die Centurion Theater op 6 Mei 2022, 19h00. Kaartjie is beskikbaar by Quicket.

Leave a Reply

error: Content is protected !!