Armand Joubert is terug met sy eerste oorspronklike snit vir 2022. I Got You volg in die spore van Joubert se cover van Madonna se Ray of Light wat universeel goed ontvang was deur aanhangers. Die liedjie, geskryf deur die fenomenale Jethro Tait en vervaardig deur Pala Chrome, gaan daaroor om daardie spesiale iemand te vind wat help om die chaos en angs waarmee ons daagliks te doen het, te verlig.

Met I Got You gee Armand sy aanhangers alles waarvan hulle hom ken en liefhet met meer van ‘n kommersiële kinkel – en hy het beslis die klank gevind met hierdie vrystelling. Armand gee al sy energie op hierdie vrystelling met ‘n meer eenvoudige produksie sodat die boodskap maklik en duidelik kan oorkom.

Luister hieronder na I Got You:

Leave a Reply

error: Content is protected !!