Kraakvars Top 40 - Hey SonneblomKraakvars Top 40 - Hey Sonneblom

Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40.

Droomsindroom se Hey Sonneblom is die 5de week heelbo aan die ranglys. Die liedjie het die afgelope week oor die 53 000 streams op YouTube ontvang, dis 5.1% daling teenoor die vorige week.

Op No 2 is My Bok van Wouter van der Venter, dis die liedjie se tweede week op die posisie en op die trefferlys. John Rock Prophet se My Blom is op No 3. Elmboog Na Bo van Jan Rhaap is op No 4, dis die liedjie 68ste week op die ranglys.

Dewalk Gouws maak sy debuut op die Kraakvars Top 40 op No 5 met sy nuutste enkelsnit Nooit Alleen. Nooit Alleen getuig van sy innerlike oortuiging dat die heilige gees in elkeen wat in die drie enige God glo woon.

Hermand Kleinhans het twee liedjies in die Top 10, Vliegtuig op No 6 en Dankie op No 7. Wikus Botma se Brannewynlippe is op No 8.

Henning Joubert se Bobbejaan Inni Brauhaus is weer terug in die Top 10, drie weke na die liedjie sy buiging gemaak het op op No 3. Die Top 10 word voltooi deur Iemand Help My van Bjarne (feat. Snacci).

Ander nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40:

  • 21 Vir Altyd van Elsjé op No 31

Liedjies wat weer verskyn op die Kraakvars Top 40:

  • Nuwe Generasie van KuierKoors (feat. M4RSHLL) op No 32
  • Ek Sal Jou Weer Kies van Wilha op No 36
  • Al Die Woorde Gerduan Kemp (feat.Tasha) op No 37
  • Werkit Boetie van EDO op No 39

Sien die volledige Kraakvars Top 40 hier:

Kraakvars Top 40 - 3 Junie 2022

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Hey Sonneblom Droomsindroom 5 1 1
2 My Bok Wouter van der Venter 2 2 2
3 My Blom John Rock Prophet 13 1 5
4 Elmboog Na Bo Jan Rhaap 68 1 4
5 Nooit Alleen Dewald Gouws 1 5 N
6 Vliegtuig Herman Kleinhans 73 3 7
7 Dankie Herman Kleinhans 58 1 6
8 Brannewynlippe Wikus Botma 33 1 9
9 Bobbejaan Inni Brauhaus Henning Joubert 3 3 12
10 Iemand help my  Bjarne (feat Snacci) 45 2 11
11 Lonely Troebadoer Gian Groen 14 1 10
12 Veilig Tuis Ruan Jordaan 2 8 8
13 Ten Minste Vir My Zaan Sonnekus 13 2 18
14 Suikerbos Stefan Jansen 40 1 15
15 Stoute Boude Kevboii (feat Charlie Bees) 38 1 14
16 Sal Jy Saam My Kom Drink? Karel Bester 41 5 16
17 Kaalvoetliefde Marissa 18 1 17
18 Sterre KuierKoors 18 2 20
19 Kom Loop Jan Rhaap 66 5 19
20 Die Onbekende Vincent Gordon 6 2 22
21 Ons Teen Die Wêreld Sharoney 41 2 21
22 Tydelik Harry Broersma 3 11 39
23 Kateriena Malherbe TiNO 25 1 24
24 Ek Kan Net Bid Zaan Sonnekus 52 1 23
25 U Wil Chantel & Jady 6 5 13
26 Arm Julanie J 66 1 30
27 Kiss The Girl Khail West 29 3 35
28 Awe My Ma Se Kind Pret Kadet (feat Foksie Konyn) 64 2 29
29 Panado Vir Die Pyn Mionette 13 2 28
30 As Ek Jou Onthou Stefan Jansen 17 1 36
31 21 Vir Altyd Elsjé 1 31 N
32 Nuwe Generasie KuierKoos (feat. M4RSHLL 22 5 R
33 Rose Henri Alant 20 10 31
34 Jy Oortref My Xander Joubert 70 1 34
35 Poetry Ashton Wheeler 17 5 26
36 Ek Sal Jou Weer Kies Wilha 52 1 R
37 Al Die Woorde Gerduan Kemp (feat.Tasha) 5 14 R
38 Nog N Kans X_C_Xreece 51 8 33
39 Werkit Boetie EDO 20 2 R
40 Kry Jou Ry Jacques Leonard 11 14 37

Leave a Reply

error: Content is protected !!