Gerduan Kemp spandeer sy 6de week op No 1 met Sesde Sintuig. Hierdie week is ‘n stadige week op die Reputasie Kraakvars Trefferlys, met geen nuwe snitte wat hul debuut maak, daar is slegs ‘n paar snitte wat weer op die trefferlys verskyn.
Kemp, met sy tweede treffer op die Kraakvars, is besig om die rekords te skryf. Dit is Sesde Sintuig se 11de week op die trefferlys, al die 11 weke is in die Top 10, 10 weke in die Top 5, 6 weke op No 1, en in sy 11de week het hy meer as 5100 kyke gekry, wat die hoogste nog is vir die liedjie.
Die Reputasie Kraakvars Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week, dit is in lyn met internasionale standaarde.
Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) is skuif een posisie op na No 2, dit na die snit drie weke lank geboer het op No 3. Nog ‘n Kans van Alida, klim weer terug in die Top 10, na No 3. Dit is die snit die hoogste posisie nog.
Cezanne Yzelle se Waar Ek Moet Wees behou haar posisie op No 4. Lief & Leed van Moses Metro Man klim vanaf No 6 na No 5, wat die snit se hoogste posisie nog is.
Soldaat van Johan Anker is op No 6, November van Afrikaans Wil Dans (feat. Charl Stander) klim tot No 7, wat die liedjie se vorige piek ewenaar. Laat Aand Boogie van die Vatvas Dansorkes behou hul posisie op No 8. Bly Jy Hier van Ariose is op No 9, 4 posisie af vanaf No 5. Die Top 10 word voltooi deur Breek Die Reëls Vir Liefde van Sonet du Plessis wat op No 10 is.
Liedjies wat weer op die Kraakvars verskyn sluit in, Lugballon van Jako Meyer op No 33; Weerloos van Mondrey op No 37, dit is ook die snit se hoogste posisie nog; en Soveel Meer van Abel Knobel op No 40.
Luister na die trefferlys hier:
Sien die volledige trefferlys hier: